Vissermanne se familie wil hof toe

Geregtigheid gesoek

04 January 2021 | Regering
Kenya Kambowe – Die familie van drie Namibiese mans wat deur die Botswana weermag (BDF) doodgeskiet is, sê sodra hulle die gesamentlike ondersoekverslag na die moorde kry, sal hulle dit gebruik om die verantwoordelike regering hof toe te sleep.

Die broers Tommy, Martin en Wamunyima Nchindo asook hul neef Sinvula Muyeme, 'n Zambiese burger, is op 5 November geskiet toe die BDF hulle in die suidelike kanaal van die Choberivier teëgekom het. Hul moeder me. Alphonsina Mubu is vyf dae later oorlede en hul suster is in die hospitaal weens skok.

Op 30 Desember het die staatshoofde van Namibië en Botswana in 'n gesamentlike verklaring die saak as sensitief beskryf en het burgers tot kalmte en geduld gemaan. Terselfdertyd was winkels in Katima Mulilo onder eienaarskap van Batswana gedwing om toe te maak.

Laas jaar het ons susterkoerant Namibian Sun berig dat die familie steeds hul volgende stap oorweeg, wat 'n vergoedingseis as 'n opsie insluit. Die afgelope naweek het die familiewoordvoerder, mnr. George Nchindo, gesê 'n besluit is geneem om die regering van Botswana te dagvaar.

Nchindo sê sodra die familie toegang tot die gesamentlike ondersoekverslag kry, wat steeds deur die betrokke regerings bestudeer word, sal hulle voortgaan om die regering van Botswana vir skadevergoeding hof toe neem.

Hy sê ten spyte daarvan dat die inhoud van die ondersoekverslag onbekend is, is die familie oortuig die oorlede vissermanne was onskuldig en dus is die verslag bloot nodig om vir hulle aan te dui hoe om die regering te dagvaar.

“Ons is in konsultasie met ons regsverteenwoordigers om te sien hoe doen mense dit internasionaal,” het Nchindo gesê. “Vanuit die familie se oogpunt wil ons die Botswana regering dagvaar, maar wat ons terughou, is die ondersoekverslag,” sê hy.

“Ons kan hulle nie dagvaar as ons nie weet wat die bevinding is nie. Die bevindinge is baie belangrik. Ons wil hulle laat betaal, omdat ons nou swaarkry,” sê hy. Hy sê hulle hoop belanghebbendes insluitend die Namibiese regering sal hulle help om die Botswana regering hof toe te neem. Nchindo sê die familie het saam op hul reaksie ooreengekom en hulle sal met óf sonder hulp vanaf die regering voortgaan.

“Uit die familie se oogpunt is ons 'n onreg aangedoen en dit is hoekom ons regsmenings verkry het. Daar is ook ander organisasies wat aan ons kant is. Miskien sal die regering ons nie help nie, maar uit 'n familie-oogpunt is dit (hofsaak) wat ons beplan,” brei hy uit.

Botswana volg 'n nie-amptelike doodskietbeleid om stropers teen te staan en ná die skietvoorval is berig dat die vissermanne vermeende stropers was wat gedurende 'n operasie teen stropery geskiet is. Die familie verwerp hierdie aanname en sê die gestorwe vissermanne was broodwinners wat deur visvang en visverkope hul familie onderhou het.

Omdat die insident in die aand gebeur het, word vrae gevra oor hoekom daar in die nag vis gevang word. Nchindo sê dit is beter om in die aand vis te vang, omdat die vis nie in die nag die nette kan sien nie.

[email protected]

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

17 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

17 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

17 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

17 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

17 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

17 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

17 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...