Viskwotageld saai onmin tussen hoofmanne

Besonderhede oor besteding gesoek

28 May 2021 | Regering
Augetto Graig – 'n Vismaatskappy Nombili Fishing het N$24 miljoen vir 8 000 metrieke ton maasbanker in 2020 betaal. Dit is die fokus van ongelukkigheid tussen 52 tradisionele leiers wat deur die regering erken word.

Die geld is aan Hompa Investments oorbetaal, wat die besigheidsarm van die Namibië Tradisionele Owerheid Trust (NTAT) is, waaraan die hoofmanne en hoofvroue behoort.

Volgens Hompa se voorsitter en woordvoerder van NTAT, hoofman Sam Kambazembi, sal al die betrokke tradisionele leiers na Windhoek genooi word vir 'n slypskool op 17 Junie waar vrae beantwoord sal word.

“Ons wil almal na Windhoek toe nooi om al die inligting te deel, sodat almal ingelig is. Daarna sal ons 'n nuuskonferenise reël. Toegang tot inligting is soms 'n probleem, veral in die landelike gebiede, en ons begunstigdes is die plattelandse gemeenskappe. Hulle is die begunstigdes van die trust,” brei Kambazembi uit.

Die kwessie is die week deur ons susterkoerant Namibian Sun ontbloot nadat ten minste drie van die betrokke hoofmanne prokureurs genader en die meester van die hoërhof gevra het om in te tree en te verseker die geld word reg bestee.

Die prokureur mnr. Dirk Conradie het namens die hoofmanne ­Immanuel //Gaseb, Zacharias Seibeb en Eduard Afrikaner aan die meester, me. Elsie Beukes, geskryf om uit te wys dat hulle toegang tot inligting oor die geld geweier word.

Kambazembi sê NTAT het nooit amptelik vir Hompa vir toegang tot finansiële inligting gevra nie.

By die laaste trusteevergadering op 16 Februarie is besluit trustees kan finansiële rekords by die kantoor van die maatskappy se sekretaris gaan besigtig, en dat 'n geouditeerde finan­siële verslag by die jaarvergadering ná Hompa se finansiële jaareinde in Augustus verskaf sal word.

Die kwessie is ook reeds voor president Hage Geingob gebring, wat dit na die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, verwys het.

Namibian Sun haal Mbumba aan dat die geld van die viskwota kom wat die regering geskenk het om die tradisionele leiers in staat te stel om vir hulself en hul gemeenskappe te kan sorg.

//Gaseb was die adjunkvoorsitter van die raad van tradisionele leiers toe hy in 2018 die trust gestig en sy eerste sewe medetrustees aangestel het. Sedertdien het dié lidmaatskap tot tien gegroei. //Gaseb het in Oktober 2020 as direkteur van Hompa bedank, maar bly volgens Kambazembi 'n trustee van die trust.

Kambazembi sê //Gaseb is in Augustus 2020 vir die eerste keer sedert die trust se bestaan, nie as voorsitter verkies nie.

Kambazemi sê Hompa se direkteure sluit homself as voorsitter in, met mnr. Omukwaniilwa Fillemon Nangolo as medetrustee, en mnr. Taswald Januarie en me. Jacobina Lungameni as onafhanklike direkteure.

“Hompa se raad van direkteure maak voorsiening vir drie trustees en drie onafhanklike direkteure. Die trustees moet nog 'n plaasvervanger vir hoofman Immanuel //Gaseb en nog 'n onafhanklike direkteur aanstel,” sê hy.

Kambazembi sê 'n nuwe sakemodel word ontwikkel, waardeur Hompa gemeenskapsprojekte wil finansier om geld vir gemeenskapstrusts in te samel. Ná streekvergaderings met tradisionele leiers in September en Oktober verlede jaar, het van dié projekte reeds afgeskop, sê hy.

Hoofmanne Herman Iipumbu, Alfons Kaundu, Kisco Moraliswani, Hubert Dishabue en hoofvrou Glony Arnold dien saam met //Gaseb, Seibeb, Afrikaner, Nangolo en Kambazembi steeds as trustees van Hompa, sê hy. – [email protected]

Soortgelyk

 

Sewe sterftes, 750 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skuif met sewe - twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Swakopmund, Grootfontein, Outjo, Gobabis en Rundu - op tot 912. Vandag...

Een dood, twee erg beseer in voorvalle van geslagsgeweld

5 ure gelede | Misdaad

‘n Vrou van 35 het op Okakarara gesterf nadat sy na bewering deur haar man aangerand is, terwyl ‘n jong man en vrou ernstige beserings...

Profeet TB Joshua sterf

11 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

21 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

2 dae gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...