Visfabriekwerkers ontevrede
Leandrea Louw op Walvisbaai -
Werkers van Embwinda Fishing, voorheen bekend as Cadillu Fishing, het Woensdag 'n petisie aan hul bestuur oorhandig waarin hulle oor twee bestuurders kla.
Hulle beskuldig die menslike hulpbronbestuurder, me. Rosina Moshoehoe, daarvan dat sy nie die werkers respekteer of na hul klagtes luister nie.
“Sedert Moshoehoe as bestuurder aangestel is, is baie werkers afgedank - selfs vir oortredinge waarvoor hulle nie afgedank kan word nie.”
Die werkers het ook vir Moshoehoe van nepotisme beskuldig.
“Ons eis dat vakante poste eers intern adverteer word en dat werkers die reg het om vir die poste aansoek te doen. Ons eis ook dat regstellende aksie-prosedures vir die werwing van vakante poste gebruik word.”
Die werkers sê: “Moshoehoe dreig ons altyd en jaag ons uit haar kantoor uit. Ons wil nie meer saam met haar werk nie. Ons wil saam met iemand werk wat 'n hart het en so nederig soos ons voormalige menslike hulpbronbestuurder is.”
Die werkers kritiseer Moshoehoe se kleredrag en sê sy trek aan “soos by die huis, of dit lyk of sy op pad na 'n klub toe is”.
Die werkers eis dat sy “amptelike klere” dra.
In die petisie het die werkers ook oor hul bedryfsbestuurder, mnr. Miguel Antonio, gekla. Hulle beweer ook hy respekteer hulle nie en luister nie na hul klagtes nie.
“Ons werk onder druk, want hy het baie werkers by die fabriek afgedank. Hier doen een persoon die werk van vier mense,” sê die werkers.
“Antonio weier dat ons oortyd werk en dit veroorsaak dat die vis in die verkoelers vrot. Dan moet dit vir vismeel gebruik word.”
Die werkers sê daar moet meer fabriekswerkers aangestel word want hulle is onder geweldige druk.
“Dit is ook onregverdig dat sommige werkers bonusse kry en ander niks,” sê hulle.
Die gegriefdes sê hulle wil nie meer saam met Moshoehoe of Antonio werk nie.
Hulle eis ook dat die maatskappy 'n werknemer, in plaas van 'n arbeidskonsultant, aanstel om dissiplinêre verhore te lei.
Beide Moshoehoe en Antonio wou nie kommentaar lewer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie