Vir my (skoon)ma . . .
Vir my (skoon)ma . . .

Vir my (skoon)ma . . .

Helene Bam
Skoonma's is gereeld die middelpunt van grappe en braaivleisvuur-gesprekke. Miskien het jy dié een al gehoor?

'n Man kom by die veearts aan en vra dat die veearts dadelik sy hond se stert moet afsny.

Oorbluf wil die veearts weet waar die vreemde versoek vandaan kom, waarop die man antwoord dat sy skoonma volgende week kom kuier en dat hy nie wil hê sy skoonma moet dink enigiemand in die huis is bly oor haar besoek nie.

Dalk bietjie kras, nè? Maar soos die Ingelse sal sê: “We love to hate them.”

Nie eers as jy die president van Amerika is, word jy vrygespreek van 'n knaende skoonma nie.

Die geskiedenisboeke vertel hoe Franklin Roosevelt se ma, Sara, uit haar pad gegaan het om haar seun daarvan te oortuig om nie met sy verlangse niggie Eleanor te trou nie.

Sy het hom selfs op 'n eksklusiewe bootvaart geneem om die muisneste uit sy kop te kry. Ten spyte van haar beste pogings om te keer dat die troue plaasvind, het Franklin en Eleanor die knoop op 17 Maart 1905 deurgehaak.

Maar ou Sara se vlam om haar skoondogter se lewe te versuur was nie geblus nie. As trougeskenk koop en meubileer sy vir die pasgetroudes 'n spog- stadshuis in New York.

Verheug oor dié groot geskenk trek Franklin en Eleanor sak en pak in die huis in om hul lewe saam te begin, net om uit te vind dat Sara 'n huis langs hulle gekoop het - om 'n ogie oor die stand van sake te kan hou, natuurlik.

Nie net trek skoonma langs hulle in nie, sy het ook seker gemaak dat daar deure op elke vloer is wat die twee huise aan mekaar verbind sodat sy kon kom en gaan soos sy wou.

Arme Harry Truman, Amerika se 33ste president, het ook onder sy skoonma deurgeloop.

Volgens Madge Wallace kon haar dogter Bess 'n baie meter man as dié vaakvis-Truman kry. Gedurende Harry en Bess se huwelik het Madge dit haar lewensdoel gemaak om haar skoonseun se lewe te bemoeilik. Sy het selfs saam met die paartjie in die Withuis ingetrek om seker te maak sy kan hom elke dag op die vingers met haar skerp tong tik.

Die skoonma-stereotipe word selfs in besighede se advertensieveldtogte gebruik.

“So koud soos jou skoonma se hart,” is die slagspreuk van 'n besigheid in Windhoek wat ys maak en verskaf. Ek glimlag altyd as ek dié besigheid se afleweringsvoertuig in die strate van die hoofstad sien.

Nie omdat ek dink dit is waar nie, maar omdat bevoorreg genoeg is om myself nie daarmee te vereenselwig nie.

Ek hoop jy het ook geen verwysingsraamwerk van hoe dit is om 'n Madge of Sara of yskoningin as skoonma te hê nie, maar dat jy eerder iemand in jou lewe het wat jou aanvaar soos haar eie dogter en by wie jy in die aande kan gaan eet as jy nie lus is om kos te maak nie, of saam voor die TV aan die slaap mee kan raak.

Ek hoop jou skoonma is iemand saam met wie jy kan droom en skinder en net wéés wanneer die verlange na jou bloedma, wat ver ander kant die Indiese Oseaan woon, te erg raak.

En as jy baie gelukkig is, is jou skoonma nie net jou skoonma nie, maar jou ma wat jou aanvaar met al jou foute, grille en giere.

'n Ma wat 'n troue van Stellenbosch tot in Windhoek binne ses weke gereël kry. 'n Ma wat help klere stryk en gordyne ophang en jou van die kantlyn af aanmoedig asof jy ook haar bloedkind is. As jy só gelukkig is, het jy na jy die ja-woord gesê het nie net 'n ma ryker geword nie, maar ook 'n vriendin.

Vat so, Madge en Sara!

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024