Vir my liefste baba nommer 2
Yolanda Nel – Die skok was groot toe ek besef jy is op pad. Ek sal eerlik wees, daar was baie trane, baie vrae en nog meer bekommernisse.
Hoe is dit moontlik om nóg ‘n kind lief te hê as ek voel die eerste een besit klaar my hele hart? Maar o, nommer 2. Hoe verkeerd was hierdie mamma nie. Met jou aankoms was dit nie nodig om my hart te deel nie, my hart het net gegroei. Dit het in grote verdubbel om al my liefde vir jou te kan akkommodeer.
Hoe goed is ons nie geskape nie? In my wêreld was jy nie beplan nie, tot jy daar was. Toe weet ek, sonder jou sal die wêreld ‘n donkerder plek wees. Vir hierdie wêreld is jy bestem; en hoe bevoorreg is ek nie om jou mamma te wees nie.
Nagte om het ek wakker gesit en gehuil, omdat ouboet nog nie self kon regop sit nie en jy reeds op pad was. Hoe gaan ek twee op doeke manage? Hoe gaan ek genoeg tyd aan julle al twee spandeer sonder om die ander af te skeep?
Maar my liefste muis, jy het my oë oopgemaak. Jy het my dalk nie ‘n mamma gemaak het, maar in baie opsigte is ek beter gerat vir wat kan kom. Ek kan sus, troos en dokter sonder om ure op Google te wonder wat fout is. Ons jaag ook nie vir elke hoes en nies dokter toe nie, want ons weet al watter medisyne om vir watse kwaal te gee. Roetine is beter by jou ingeburger, want ek het klaar met jou ouboet gesukkel.
So klein soos julle nog albei is, kan mens reeds agterkom, julle is jul eie mens. Ouboet is ‘n warrelwindkind. En jy nommer 2, is soos jou pa stil en gesels net wanneer dit nodig is.
Maar my liewe seun, jy moet vir ‘n rukkie ophou grootword. Die tyd gaan te vinnig verby, maar hierdie keer is dit nog vinniger. Skielik moes ons die bassinet wegpak en kon jy oorskuif na die kot. Melk was ‘n rukkie terug nog jou stapelvoedsel, maar deesdae trek jy jou neus vir my kos op. Vir pap maak jy nie jou mond oop nie, en op die oomblik lewe jy op pampoen. Ek is bang jy word oranje.
Desember het ons gewonder of die oumensstories waar is dat tweede kinders vinniger hul mylpale bereik en binne oomblikke het jy in die huis begin rondkruip.
Ek wag in afwagting vir die aand wat jy deurslaap, maar weet ek koester op die oomblik daardie alleentyd wat ons het. As jy grootoog vir my glimlag en al wat jy van my verlang is om in my arms te wees.
Maar tot dan, het ek nog ‘n rukkie van jou kleinwees oor. Jy maak hierdie huis ‘n beter plek. Jy maak dit lekker om ‘n mamma te wees, sonder die konstante geworry of ek iets verkeerd doen en of my besluite ‘n negatiewe impak op jou lewe gaan hê.
My liefste baba nommer 2, gryp jou plek onder die son aan en staan onversaag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie