Vir die dagboek

17 September 2021 | Byvoegsels
ELKE WEEK:

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645.

*Ondersteun plaaslike entrepreneurs by die Maerua Mall-opwipmarkie oorkant Food Lover’s Market. Die markie is elke Saterdag tot 15:00 oop.

NOU AAN DIE GANG:

*Kunswerke wat vir die Bank Windhoek-triënnale ingeskryf is kan tot môre by die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) besigtig word.

*Speak Out – ’n kunsuitstalling deur Trianus Nakale – kan tot 25 September by die Project Room-galery besigtig word. Die galery is Dinsdae tot Saterdae tussen 10:00 tot 13:00 oop.

*’n Grilfliek-rolprentfees is tot die 29ste by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan die gang. Al die rolprente is in Frans met Engelse onderskrifte. ’n Ander rolprent wys elke Woensdagaand om 18:00 en toegang beloop N$20.

VANDAG:

*DEFINITION: Art bied van 17:30 tot 20:00 weer ’n Film Night Discussions-geleentheid aan, waar deelnemers dié keer saam na 'n anime-rolprent kyk. Dit is die ideale geleentheid vir aspirant-regisseurs, akteurs, vervaardigers, kinematograwe en rolprentliefhebbers. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Kaartjies beloop N$40 by die deur. Kontak DEFINITION: Art by 081 833 5009 of stuur ’n boodskap op hul sosialemediaplatforms vir meer inligting.

*Die Nasionale Simfonieorkes van Namibië (NNSO) bied sy jaarlikse Concerto Festival onder begeleiding van Christian Ludwig saam met die solis Gerhard Joubert by die DHPS-skoolsaal aan. Die konsert begin om 19:00. 'n Tweede vertoning vind môreaand fisiek en regstreeks op die NNSO se Facebook-blad plaas. Kaartjies is teen N$200 via webtickets.com.na of by Pick n Pay beskikbaar. Wat die aanlyn konsert van môreaand betref, sal ’n skenking van N$50 waardeer word.

MôRE:

*CrossFit Damaskus en Old Mutual Wealth Namibia bied ’n liefdadigheidsgeleentheid aan wat om 07:00 begin. Inskrywingsgeld beloop N$200 vir individue en N$400 vir spanne, en sluit versnaperings en drinkgoed in, en 'n kompetisie-buff vir die eerste 100 betaalde inskrywings. Vir meer inligting, kontak crossfitdamascus.com of 081 277 2676.

*Die Namibies-Duitse pianis Anke Helfrich bied ’n jazzkonsert saam met die Australiese trombonis, komponis en didgeridoo-speler Adrian Mears aan. Die konsert begin om 19:00 by die Haus der Jugend op Swakopmund. Slegs 100 sitplekke is beskikbaar.

20 SEPTEMBER:

*Die Namibiese Erfenisweek vind tot 26 September op Swakopmund plaas en verskeie geleenthede – fisiek sowel as aanlyn – word by die Swakopmund Museum en die Cosdef Arts & Crafts Centre aangebied.

21 SEPTEMBER:

* Die Namibies-Duitse pianis Anke Helfrich bied ’n jazzkonsert saam met die Australiese trombonis, komponis en didgeridoo-speler Adrian Mears aan. Die konsert begin om 19:00 by DHPS in die hoofstad. Slegs 100 sitplekke is beskikbaar.

24 SEPTEMBER:

*Die kanselier van Unam se liefdadigheidsgolfdag ten bate van die Students’ Hardship Fund, begin om 09:00 by die Windhoek Gholfklub. Die inskrywingsfooi is N$4 000 per span. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na [email protected]

*’n “Lentefees” Secret Sunrise-sessie word by The Village in Windhoek aangebied. Die sessie begin om 18:30 en kaartjies is teen N$120 op webtickets.com.na beskikbaar.

25 SEPTEMBER:

*Die jaarlikse Adventure Bike, Hike & Run vind by Namibgrens Guest Farm plaas. Die stap- en draf-afstande is 5 km, 12 km en 23 km, en die bergfiets-afstande 15 km, 35 km en 70 km. Vir meer inligting, kontak 061 304 051 of 081 263 2221.

* ’n “Kattebak-uitverkoping” vind vanaf 08:00 tot 11:00 by Joe’s Beerhouse plaas. Registreer by [email protected]

*Windhoek Express bied tussen 08:00 en 14:00 ’n markie by Namibia Media Holdings aan met verskeie stalletjies en vermaak vir almal. Vir enige navrae of om ’n stalletjie te bespreek, stuur ’n e-pos na [email protected]

*’n Damestee met vermaak deur Riaan Smit en Jessica Strydom op 'n 3 uur lange katamaranvaart, begin om 10:30 by die Walvisbaai-waterfront. Versnaperings word deur die Wood 'n Spoon Bakery voorsien, en geniet ook 'n verskeidenheid drankies en 'n paar verrassings! Kaartjies kos N$859. Vir meer inligting en besprekings, kontak 081 827 2435 of [email protected]

26 SEPTEMBER:

*’n Lentefeespiekniek word by Droombos aan die buitewyke van Windhoek aangebied, met musiek deur Midlife. ’n Spesiale piekniekmandjie vir twee kan vooraf teen N$500 bestel word om jóú plek by die piekniek te verseker. Bespreek en betaal voor Donderdag 23 September om 12:00 by [email protected] of by 061 224144 of 083 288 8352.

30 SEPTEMBER:

*Geniet ouwêreldse vermaak by die inryteater op die dak van die Auas Valley-inkoopsentrum, waar Fast & Furious 9 sal speel. Kaartjies kos N$275 per motor. Bioskoopaande vind ook op 1 en 2 Oktober plaas.

Soortgelyk

 

Veldbrande woed al tien dae

10 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip...

‘Voltooi vanjaar se eksamen’

10 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSkryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer...

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

10 ure gelede | Byvoegsels

Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming. Dit is die eerste Namibiese rolprent...

Voortrekkers trap vir renosters

10 ure gelede | Byvoegsels

Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir...

V5 Digital a forerunner in digital solutions

10 ure gelede | Tegnologie

Iréne-Mari van der WaltMore than three years ago, Armin Wieland founded his business, V5 Digital, after noticing that there was a lack of companies in...

Do it with passion or not at all

10 ure gelede | Howe

Desiree Gases Ngeendina Angula, born and raised in Greenwell, Windhoek, moved to Cape Town, South Africa, when she was 13 years old and lived there...

A love for engineering and airplanes

10 ure gelede | Vervoer

Wetumwene Shikage Describing her journey at Fly Namibia, Gabriela Kamaahene says the experience has been surreal. She says the company continuously grows and she...

Opflikkering in inentings

10 ure gelede | Gesondheid

> >Dani Booysen - Nadat die wêreldwye verspreiding van ‘n nuwe variant van Covid-19, nou bekend as Omicron, Donderdag rugbaar geword het, het aansienlik...

Weer vir 3 Desember

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms kan oor die naweek in die verre Noorde voorkom. Koue lug word die naweek oor //Kharas verwag. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm...