Vind iets waarvoor jy omgee
Denver Kisting – Dis baie jammer dat ons dikwels eers besef hoe kort die lewe is wanneer tragedie ons tref. Wanneer siekte toeslaan. Wanneer 'n hartsmens doodgaan. Wanneer 'n krisis aan ons deur kom hamer. Ons harte kom verrinneweer.
En dan vergeet ons ook weer daarvan – tot die volgende onheil ons verras en ontnugter.
Ek het die afgelope jaar veral hierdie immerteenwoordige paranoia dat iemand na aan my sal doodgaan.
Dikwels net voor ek aan die slaap raak, stuur ek 'n sekulêre gebedjie op – af? – dat ek nie môreoggend met die nuus begroet mag/wil word dat ek iemand vir wie ek omgee nooit weer sal sien nie. Nooit weer met daai mens sal gesels nie. Nimmer weer hul stem of lag sal hoor nie.
Ek probeer bewus bly van my vervolgingswaan in die algemeen. Ek probeer daarvoor verantwoordelikheid aanvaar en dit bestuur. Ek slaag nie altyd nie. Ek sukkel dikwels.
Onlangs praat ek met 'n hartsmens oor die irrasionele vrees wat my plek-plek al kortasem gelaat het.
En toe bieg ek: ék wil nie nou doodgaan nie. Ek is nie nou gereed nie. Ek wil nog so moer baie doen. Ek dink nie ek is meer so skytbang vir die dood nie, maar ek wil nog so verskriklik baie belééf. Elke liewe ding wat my gulsige hart begeer.
Sy wonder toe, en ek is geneig om haar gelyk te gee, of dit nie my eie verganklikheid is wat my so op hol jaag nie.
So, dis my dood wat my teister. Ek is bang ek word een oggend met my éie doodstyding wakker.
Ons is baie dikwels bang en ongemaklik, en sommer albei, om oor donker temas soos die dood te praat.
Ek verstaan dit.
Ek dink egter ons móét daaroor praat.
Ons moet gemaklik probeer word met ongemak. Dit probeer omarm: die sombere, die makabere, die paranoïese, die vreemde – elke (on)liewe aspek van dié vreemde én wonderlike ding wat ons die lewe noem.
Anderdag had ek die voorreg om te luister na Nust se jongste doktor ooit, dr. Mohammed Shehu, by 'n gradeplegtigheid van dié instelling waartydens dié millennial jongelinge aangemoedig en uitgedaag het to find something you care about. (Kantaantekening: Mo het op 26 sy PhD voltooi!)
Ek het onder geen omstandighede alle wysheid in pag nie. Ek kan nie in die toekoms sien nie. Ek worstel met onsekerhede.
Maar ek dink dié lewe is die enigste een wat ons het.
En, leer ons in die verruklike titel van Raphaëlle Giordano se boek: Your Second Life Begins When You Realise You Only Have One.
Toe 'n vriendin wat destyds deur 'n baie erge kankerhel gegaan het, daai sin gebruik om vir my te vertel hoe sy voortaan die lewe bejeën, was ek stom.
Kragwoordverstom.
Dit het diep getref. Dit het tot my kern gespreek.
Ek weet ons raak besig. Ek weet ons moet werk om rekeninge te betaal en ons kinders te voed en te versorg.
Ek weet die lewe is 'n woeste gejaag.
Maar waarna?
Ons raak dikwels ook besig met stront. Besig om ons lewensmaats te slaan. Besig om ons vervolgingswaan te voed. Besig om nét te projekteer. Besig om nie verantwoordelikheid te aanvaar nie. Besig met ánder se besigheid.
Al wat ons kán doen, is om te probeer. En ek weet ons doen wat ons kan met die middele tot ons beskikking.
Maar kom ons probeer harder om dít te vind waarvoor ons omgee. Dit wat die léwe deur ons are laat bruis. Dit wat ons laat lag. Wat ons laat sing.
Jou tweede lewe begin die oomblik wanneer jy besef jy het net een . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie