Vilho vandag op rooi tapyt

Beweringe van korrupsie onder soeklig

06 April 2021 | Regering
Augetto Graig

President Hage Geingob het die minister van verdediging en veteranesake, skout-admiraal Peter Vilho, Donderdag na Staatshuis ontbied om antwoorde oor oor ’n bankrekening in Hong Kong te verskaf.

Die beleggingsrekening by HSBC bevat effektetrusts wat teen September verlede jaar sowat N$3,3 miljoen werd was. Vrae bestaan of die geld waarmee die beleggings gemaak is, onwettig verdien is.

Staatshuis het die stap laat Saterdagmiddag in 'n nuusvrystelling as deel van Geingob se bewese rekord in die stryd teen korrupsie bestempel.

Die minister het verlede week aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gesê hy het al meer as 12 jaar die bankrekening en en het dit as ’n private persoon geopen, wat volgens hom sy reg is.

Die bankrekening is deur aanklaer-generaal Martha Imalwa ondersoek weens die moontlikheid dat dit gebruik is om onwettige verdienstes met die afgetrede weermaghoof, lt.genl. Martin Shalli, te deel. Volgens Imalwa het die speurtog misluk weens ’n gebrek aan samewerking deur Chinese owerhede.

CHINA ONTKEN DWARSBOMING

Intussen het die Chinese ambassade in Windhoek verseker hul land is altyd bereid om met misdaadondersoeke te help. Ambassadeur Zhang Yiming sê China heg waarde daaraan om saam met Namibië te werk en ondersteuning te bied in strafregtelike aangeleenthede.

“China en Namibië is lande onderhewig aan die oppergesag van die reg, en albei voldoen aan hul pligte onder internasionale verdrae. China was nog altyd duidelik oor bogenoemde posisie, en verwante samewerkingskanale was nog altyd oop,” het hy by navraag gesê.

Inligting oor die bankrekening het op die lappe gekom toe Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, ’n afskrif daarvan in die sosiale media geplaas het.

Hy beskuldig Vilho reeds geruime tyd openlik van korrupsie en het onderneem om die minister stap vir stap te ontmasker.

Amupanda het by 'n foto van die HSBC-beleggingstaat geskryf: "Korrupsie is regtig lonend. Hier is die miljoene Namibiese dollar wat in HSBC in Hong Kong se bankrekeninge versteek is."

Volgens die Namibian Sun het Vilho nie die bankrekening by sy bateverklaring as parlementslid ingesluit nie. Hy kon nie die oorsig verduidelik nie.

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, en die sekretaris van die Nasionale Vergadering se kantoor het gesê hulle sal later vandeesweek eers op Republikein se navrae oor die implikasies hiervan kan reageer.

FISHROT

Die president het Saterdag ook opnuut sy onskuld in, en onbewustheid van die Fishrot-korrupsieskandaal herhaal nadat Al Jazeera se span ondersoekende joernaliste weer uitgewys het dat Geingob se herverkiesing glo met die geld gefinansier is. Die beweringe is reeds in plaaslike media gerapporteer.

Die presidensie het die aantygings opnuut as leuens verwerp en gesê valshede en sensasionele afleidings word gebruik om met Geingob se naam lesers te lok. Die nuusvrystelling maak ook gewag van Namibië se reputasie vir goeie bestuur en die bestryding van korrupsie.

Buitelandse "agente" werk volgens die presidensie saam met sekere Namibiërs om vir hul eie doeleindes die land se demokrasie en instansies te ondermyn. Die beweringe is ook as heropgekookte "ou nuus" verwerp.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Heckmair-verhoor verder vertraag

1 uur gelede | Misdaad

Stefan Noechel van die Allgemeine Zeitung berig:Die verhoor van die Amerikaanse beskuldigdes, mnre. Marcus Thomas en Kevin Townsend, wat na bewering in 2011 vir mnr....

Skoolseun in selle oor video van geweld

1 uur gelede | Misdaad

‘n Sewentienjarige seun wat op ‘n video ‘n dogtertjie van vyf aanrand, is in hegtenis geneem.Die video is wyd in die sosiale media versprei en...

Jong dokter verskyn vir verkragting

4 ure gelede | Misdaad

Die leerlingdokter wat vir die beweerde verkragting van ‘n pasiënt by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek in hegtenis geneem is, het vanoggend sy eerste verskyning in...

Leerlingdokter verkrag glo pasiënt

16 ure gelede | Misdaad

Tuyeimo Haidula – ’n Manlike leerlingdokter by die Katutura-hospitaal is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Sondag ’n pasiënt met kopbeserings verkrag het.Volgens ons...

Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof

16 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner en Ronelle Rademeyer – Drie gemaskerde, ­ge­wa­pen­de mans het gisteroggend by 'n huis in Vineta op Swa­kop­mund in­gebreek en twee vroue aangeval en...

O die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding...

16 ure gelede | Mense

‘Ons korrespondent in die Suide, Elizabeth Joseph, het dié gesin van Snyfontein padlangs raakgeloop met hul hoofvervoermiddel – ’n donkie en ’n karretjie.

Covid-19 teister skole in Hardap

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Skole in die Hardapstreek word deur Covid-19 geteister, met drie skole net op Schlip wat aanvanklik hul klasse moes opskort. Die pandemie...

Weer vir Woensdag 14 April

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Winderige en bloedig warm toestand duur oor die kus voort, terwyl sandstorms in die Namib voorkom.BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Namibwoestyn met...

Bure help hul buurte skoonhou

16 ure gelede | Infrastruktuur

Augetto Graig – Die gemeenskap van Samora Machel-kiesafdeling is voorlopers in die toepassing van die gemeenskapsgeleide totale sanitasie-inisiatief (CLTS), waardeur hul omgewing vanaf 'n ashoop...