Viertal van kus palm silwer in
Gholf
Tielman van Lill - Namibië se Likius Nande, Grant Mather, Stanley Gawanab en Kevin Wentzel het Donderdag die tweede plek by die Sone 5-streekkampioenskap teen agt ander lande verower.
Dié toernooi is oor drie dae by die Rössmund-gholfbaan buite Swakopmund aangebied waar Angola, Lesotho, Malawi, Mauritius, Suid-Afrika, Swaziland (eSwatini), Zambië en Zimbabwe se beste amateurspelers meegeding het.
Die kampioenskap het verlede Dinsdag met 'n strawwe 36 putjies vir al die spelers afgeslaan. Die spanne het die volgende dag in die topposisies afgeslaan soos hulle die vorige dag geëindig het vir die volgende 18 putjies. Donderdag was die laaste dag vir die lande om sake op die pragtige Rössmund te kon uitspook met putjiespel (match play) as die spelformaat.
Suid-Afrika en Namibië het mekaar gepak om die eerste en tweede plekke te bepaal, terwyl Mauritius en Zambië vir die derde plek die balletjie moes inrol.
Likius Nande, wat sedert verlede jaar Namibië se nommer een amateur is, en Jayden Schaper (nr. 1 van Suid-Afrika) het die laaste 18 putjies skouer-aan-skouer die houe ingeryg.
Met 17 putjies verby het Schaper 'n ongelooflike 67 houe aangeteken wat vyf onder baansyfer is. Op die laaste putjie handhaaf Schaper sy peil en eindig op ses onder baansyfer om die goue medalje op te raap. Namibië eindig tweede met silwer, terwyl Zambië die derde plek inneem.
Me. Brenda Lens, president van die Namibiese Gholffederasie, sê Namibië het baie goed gevaar.
“Dit was ongelooflike spel deur beide Jayden en Likius. Ons moet in gedagte hou dat hierdie Suid-Afrikaanse span op pad is om aan die Europese Toer te gaan deelneem. Dan kan jy verstaan dat Namibië ongelooflik goed gedoen het en ons is baie trots op hulle,” het sy gesê.
Die finale stand: 1 Suid-Afrika, 2 Namibië, 3 Zambië, 4 Mauritius, 5 Zimbabwe, 6 eSwatini, 7 Malawi, 8 Lesotho, 9 Angola.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie