Vierde geval van Covid-19 in Namibië

23 March 2020 | Gesondheid
Die vierde geval van Covid-19 in Namibië is vanaand deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula bevestig. Volgens Shangula is die jongste geval 'n 19-jarige Namibiese jong man wat van Londen na Namibië gereis het en Woensdag (18 Maart) in die land aangekom het. Op 19 Maart het hy met simptome van die siekte by 'n dokter aangeklop waarna hy vir toetse vir Covid-19 gestuur is. Die uitslae het vanmiddag getoon dit is positief. Volgens Shangula is hy tans in isolasie en is sy toestand stabiel. Alle kontakte wat hy gehad het, word ook intensief vir monitering en isolering opgevolg.
Hy het ook gesê die derde geval, 'n 61-jarige Duitse toeris, herstel goed. Shangula het ook bevestig bykomende maatreëls gaan ingespan word om plaaslike oordrag van die siekte te voorkom. Dié maatreëls sal later bekend gemaak word en is die "prys wat ons moet betaal" om die Namibiese nasie te beskerm.

Soortgelyk

 

Covid-19: Albertus Aochamub ontslaan

1 uur gelede | Gesondheid

Denver Kisting – Die Namibiese diplomaat in Parys, Frankryk, amb. Albertus Aochamub, is uit die hospitaal ontslaan.Dit kom nadat hy onlangs met Covid-19 gediagnoseer en...

Hoofstad onder inperking

13 ure gelede | In beeld

Lang rye mense staan Dinsdag voor winkeldeure in die hoofstad se winkelsentrums om een vir een ingelaat te word. Dít omdat hoktydregulasies die getal mense...

Te min Covid-19-toetsstelle, ventilators

13 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 in Namibië sluit in ’n gebrek aan ten volle toegeruste isolasiegeriewe in die streke...

Noodmaatreëls geld reeds landswyd

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gisteroggend by navraag bevestig die Namibiese regering se Covid-19-noodmaatreëls is reeds op die hele land...

‘Trokdrywers ’n nasionale bate’

13 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – “Ons drywers is nou ons belangrikste bate en ons moet na hul welsyn omsien. Soos dinge nou aangaan, kan dit vir hulle...

Weer, Woensdag 1 April 2020

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en warm weer met verspreide donderbuie in die noordelike en sentrale dele van die land. Geïsoleerde tot verspreide donderstorms word op plekke...

Otjiwarongo reg vir Covid-19

13 ure gelede | Plaaslik

Augetto GraigOtjiwarongo is hard besig met voorbereidings om die nuwe ­coronavirus by die horings te pak. Die sakeleier mnr. Theo Borstlap en plaaslike apteker mnr....

Vyf huurvlugte neem Europeërs na Duitsland

13 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - ’n Totaal van 2 039 Europeërs en Britte wat in Namibië met vakansie was of hier werk, het sedert die naweek op...

‘Koop asseblief bedagsaam’

13 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh – Kort voor Namibië se Khomas- en Erongostreek gehok is, was supermarkte en apteke in die hoofstad ’n stormloop van paniekerige kopers. Dít...