Vier vas oor jag van koedoes, gemsbok

23 June 2020 | Misdaad
Vier Namibiese mans is verlede Donderdag by Karasburg in hegtenis geneem met glo een gemsbok- en drie koedoekarkasse in hul besit.

Mnre. Johannes Boois, Andries Van Wyk, Dawid van Wyk en Diego Jooste is van onwettige jag aangekla.

Mnr. Roster Mazila Mukendwa is weer by Katima Mulilo glo met ‘n duikerkarkas in sy besit in hegtenis geneem.

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 15 tot 21 Junie van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is altesaam agt wildverdagtes in hegtenis geneem en twee nuwe sake aanhangig gemaak.

Drie van die verdagtes is verlede week vasgetrek weens die samewering om renosters te stroop. Dit hou verband met verskillende ou renosterstropery-sake by Okahao.

Die drie is mnre. Gerhard Iyambo, Johannes Ndinombili Nuuyoma en Henok Ekandjo Katuyavula Shaningwa. Laasgenoemde is ook aangekla op die wet van die voorkoming van georganiseerde misdaad.

Twee Namibiese mans, Jimmy Habate Gawaseb en Friedriek Stuurman, is op 2 Junie in die Kamanjab-landdroshof skuldig bevind aan die onwettige jag van ‘n kameelperd in Augustus 2018.

Hulle is tot slegs drie maande tronkstraf of ‘n boete van N$2 000 elk gevonnis.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

6 minute gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

28 minute gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Ligte vonnis vir kameelperdjagters

1 uur gelede | Misdaad

Twee Namibiese mans het verlede Dinsdag op Kamanjab 'n ligte vonnis vir onwettige kameelperdjag gekry.Hubertus Alfried Kreiner en Daniel Stephanus Malan is tot 'n boete...

Covid-19 knou Media24

2 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

3 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

3 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Kleintjies terug skool toe

14 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...