Vier sterftes, 203 nuwe gevalle
Vier Covid-19-verwante sterftes het die syfer vir Namibië opgestoot na 424. Die nuwe sterftes sluit een elk in onderskeidelik Windhoek, Oshakati, Omaruru en Outjo in. Vandag is 203 nuwe gevalle aangeteken waarvan 105 leerlinge, tien gesondheidwerkers en vyf onderwysers is.
Die aktiewe gevalle staan op 2 152 waarvan 156 in die hospitaal en 20 in ICU is. Nog 41 mense het herstel wat die totaal op 36 261 en 'n herstelkoers van 93% bring.
Tot op hede is 302 912 weefselmonsters getoets, 4 036 kontakte word gemonitor en 2 062 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie