Vier damme kry water
Invloei na die Von Bachdam het opgehou, terwyl die Naute- en Hardapdam 'n aansienlike hoeveelheid water bygekry het.
Elvira Hattingh - Die Hardapdam het tussen Dinsdag 3 Januarie en vandag 8,815 Mm³ water bygekry en met 3% gestyg. Nog 'n bietjie water het drie ander damme binne gevloei, terwyl die Kavango- en Zambezirivier se vlakke ook besig is om te styg.
Die hoeveelheid water wat die Hardapdam binne gevloei het, kan vergelyk word met die 9,988 Mm³ water wat oor is in die drie damme wat Sentraal-Namibië van water voorsien. Andersins is dit gelyk aan 18% van die veel kleiner Von Bachdam se kapasiteit en sou dit 'n vyfde van dié dam kon opvul.
Volgens die jongste vloedbulletin van die Namibiese Hidrologiese Dienste het water intussen opgehou om die Von Bachdam binne te vloei en staan die dam tans op 12% (5,809 Mm³).
Terselfdertyd het die tweede meeste water die Nautedam binnegevloei (1,734 Mm³) en het dit met 'n rapsie meer as 2% gestyg. Die Omatakodam bevat nou ook 'n klein bietjie water nadat 0,247 Mm³ dit oor dieselfde tydperk binne gevloei het en staan tans op 1,1%.
Die Dreihukdam is die enigste ander dam wat 0,320 Mm³ water sedert verlede Dinsdag bygekry het.
Volgens die vloedbulletin gaan die vlakke van die Kavango- en Zambezi-rivier nog meer in die volgende dae styg, danksy goeie reën in die riviere se hoof-opvangsgebiede in die Cuando-Cubango- en Zambezi-kom. Die Kavangorivier se vlakke staan tans op 5,41 m by Rundu, wat dieper as die gemiddelde 4,42 m vir die tyd van die jaar is. Terselfdertyd was die Zambezi-rivier op 4 Januarie 0,78 m diep by Katima Mulilo, wat ondergemiddeld vir hierdie tyd van die jaar is.
Verder is goeie reënneerslae Sondag oor die verre noordooste van die land waargeneem.
Die Namibiese weerkantoor voorspel vir Rundu gedeeltelik bewolkte en warm weer met enkele donderbuie elke dag tot Donderdag, terwyl Ondangwa se vooruitsigte vir reën eers van Donderdag af verbeter.
Enkele donderbuie kan weer van vandag af in Windhoek voorkom, terwyl Keetmanshoop gedeeltelik bewolkte en warm weer kan verwag, met enkele donderbuie wat van Donderdag verwag word.
Ander satellietbeelde stem ooreen hiermee en voorspel geen groot reënneerslae tot Woensdagmiddag nie. Die Nasionale Sentrums vir Omgewingsvoorspelling se weerkaarte voorspel wel goeie reënneerslae oor die groter dele van Namibië in die volgende week.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie