Videomateriaal wys tref-en-trapongeluk

Stryery voor netbalspeler ­raakgery word

05 December 2019 | Misdaad
Elvira Hattingh - Videomateriaal van me. Leandri van der Walt (25) se tref-en-trap-ongeluk Saterdagoggend laat dit lyk of sy tydens ’n stryery tussen jong mans raakgery is.

Dít volg nadat mnr. Ruandre Wessels (31) Maandagoggend vir onder meer poging tot moord in die Windhoek-landdroshof verskyn het.

In die video lyk dit of sy gestaan en toekyk het hoe die jong mans haaks raak toe sy getref is.

Wessels is Saterdag in hegtenis geneem enkele ure ná hy Van der Walt, ’n nasionale netbalspeler, glo agter die stuur van sy Citroen gestamp het en bo-oor haar gery het voor hy van die toneel weggejaag het.

Van der Walt, met skrape en beserings oraloor haar lyf, is steeds in die hospitaal en is erg getraumatiseer. Sy dra onder meer ’n nekstut weens ’n gebreekte nekwerwel.

Op die video kan gesien word hoe Wessels omstreeks 02:48 Saterdag deur die vul­stasie op die hoek van Sam Nujoma- en Talstraat jaag.

’n Wit bakkie waarin Van der Walt die passasier blyk te wees, volg.

Wessels swenk skerp na regs en jaag oor die verkeerslig op die hoek en nog ’n keer deur die vulstasie, met die bakkie wat wéér volg. Hulle ry al om ’n middelman met plante op die hoek van die straat.

Toe Wessels ’n derde keer probeer om deur die vulstasie te jaag, hou die bakkie stil en die Citroen bots teen die bakkie se agterkant.

Dan sit Wessels sy Citroen in trurat en die bestuurder van die wit bakkie klim uit. Hy dra ’n heldergeel hemp. Van der Walt klim by die passasierskant van die bakkie uit en volg kort op dié man se hakke.

Dit lyk of dié man Wessels se passasier deur die oop motorvenster probeer toetakel.

Wessels jaag dan vorentoe en ry Van der Walt in die proses raak. Die Citroen se passasier val by die deur uit voor Wessels weer vorentoe jaag.

Die man in die geel hemp tel die beseerde Van der Walt op en begin met haar in sy arms in die rigting van die wit bakkie hardloop.

Die Citroen stuur skynbaar met mening op hulle af en bots ’n tweede keer teen die bakkie. Die man in die geel hemp slaag daarin om vinnig genoeg, met Van der Walt in sy arms, weg te kom.

Die Citroen beweeg dan weer agteruit en dit wil voorkom of hy teen sy passasier bots, wat steeds in die straat is en probeer opstaan.

In die video kan gesien word hoe Wessels se Citroen dan skynbaar van die toneel wegjaag, terwyl sy passasier sukkelend in die pad probeer opstaan en op die sypaadjie gaan sit.

Terselfdertyd help die man in die geel hemp die beseerde Van der Walt by die passasierskant van die wit bakkie in en ry in Sam Nujomaweg af.

Wessels, wat ook aangekla word van roekelose bestuur en die versuim om die skade van ’n ongeluk te bepaal, bly in aanhouding.

Die saak is tot 5 Mei volgende jaar vir verdere ondersoek en die afhande­ling van Wessels se sielkundige evaluering uitgestel.

- [email protected]

Soortgelyk

 

50 nuwe Covid-19-gevalle, 32 in Windhoek

14 ure gelede | Gesondheid

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê 50 nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangekondig....

Bykans N$1 miljoen se dwelms in Julie gekonfiskeer

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie het tussen 1 en 31 Julie dwelms ter waarde van altesaam N$958 390 gekonfiskeer en 97 verdagtes in hegtenis geneem. Daar is...

Mariental se skaapabattoir sluit deure

1 dag gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Farmer’s Meat Market abattoir op Mariental (FMM), wat deur Hartlief besit word, sal op 31 Augustus sy deure sluit.Die Hartlief-groep se...

Vandag se Covid-19-data

1 dag gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir gister, soos vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula.

Diewe vort met N$1 miljoen uit Swakopmund-huis

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie sê verdagtes het gisteroggend ‘n kluis met N$1 miljoen daarbinne uit ‘n sakevrou se huis in Swakopmund gesteel. Volgens die polisie het...

Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem...

Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem...

Covid-sterftes styg tot 15

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDrie Covid-19-verwante sterftes is gister in die Erongostreek aangemeld en wel twee op Walvisbaai en een in Swakopmund. Die bring die nasionale totaal op...

Libanees in Namibië rou oor geliefde Beiroet

2 dae gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer – Was dit nie vir ’n reis na Khartoum sowat 60 km suid van Beiroet vir die viering van die Moslem-fees Eid-oel-Adha nie,...