Video oor gay renoster ontlok kritiek

Natuurreservaat vra om verskoning

21 July 2021 | Omgewing
Ellanie Smit – Die ministerie van die omgewing, bosbou en toe­risme het 'n video wat deur die Okonjima-natuurreservaat versprei word in 'n poging om geld vir renosterbewaring in te samel, sterk veroordeel.

Die ministerie het die video oneties en roekeloos genoem, en gesê dit grens aan afpersing.

Okonjima het intussen om verskoning gevra vir enige misverstande wat die video veroorsaak het.

Dít volg kort nadat die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) die video veroordeel en as “swak smaak” beskryf het.

“Volgens die video is die huidige eienaar in 'n finansiële verknorsing en sal hierdie renosters vir moontlike trofeejag verkoop moet word as geen skenkings ontvang word nie,” het mnr. Romeo Muyunda, die woordvoerder van die ministerie, gesê.

“Dit kom neer op emosionele afpersing en onetiese gedrag aan Okonjima se kant.”

Die video beeld 'n witrenoster uit, met 'n verteller wat hom as 'n gay renoster genaamd Ryan voorstel. “Ryan” vertel hoe sy “trofeeman” deur jagters van kant gemaak is.

“Ek weet som­mige jagters het my ook in hul visier,” sê Ryan die renoster en voeg by hy het 'n “vroetelpappie” nodig om in Okonjima te kan bly, veilig van jagters en stropers.



VERDEDIG ­TROFEEJAG

Muyunda het gesê die video skep die indruk dat Namibië se trofeejagbedryf nie volhoubaar is nie.

“Let daarop dat trofeejag 'n wildbestuurpraktyk is wat gedoen word om wildspesies te beskerm, eerder as om hulle uit te roei.”

Muyunda het gesê die regering sal nie toelaat dat 'n hele renosterbevolking op 'n eiendom gejag word nie, aangesien dit strydig met die land se bewaringsbeginsels is.

“Die video is ook roekeloos, want dit stel die renosters aan 'n veiligheidsrisiko bloot.

“Nou dat die renosters se ligging in die sosiale media verkondig word, kan hulle deur stropers geteiken word.”

Hy het benadruk die ministerie is nie gekant teen geldinsamelingsinisiatiewe deur private eienaars om wild op hul eiendomme te bewaar nie, maar dit moet wettig en volgens beleid gedoen word.



VERSKONING

In nog 'n video wat Vrydag op Facebook geplaas is, sê Okonjima se medestigter en eienaar, mnr. Wayne Hanssen, hy wil van die misverstande opklaar wat op die video voortgespruit het.

“Ons video was veronderstel om 'n unieke benadering te wees – lighartig en pittig en bloot vanuit die perspektief van die Okonjima-renosters,” het hy gesê.

Volgens Hanssen was die veldtog daarop gemik om 'n groep jong renosterbulle te red wat al sedert 2015 in Okonjima se sorg is.

“In wese versorg Okonjima al 'n paar jaar lank hierdie renosters, namens hul wettige eienaar. Die wettige eienaar het nou permitte bekom om hulle deur trofeejagters te laat jag.

“Om dit te voorkom het Okonjima/AfriCat met hom onderhandel dat, sou ons die prys per renoster wat deur die trofeejagters aangebied word, kan aanbied, hy bereid sal wees om die renosters aan ons te verkoop, eerder as om hulle as sy bron van inkomste te laat jag. Vandaar die veldtog om hierdie fondse in te samel,” het Hanssen verduidelik.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Hengari at the forefront of the youth agenda

2 ure gelede | Skole

Rivaldo Kavanga Hailing from Okakarara in the Otjozondjupa Region, Inna Koviao-Vetarere Hengari (25) is Namibia’s youngest elected parliamentarian. She currently leads the youth agenda...

For the love of reading

2 ure gelede | Onderwys

The Presidential Advisor on Youth Matters and Enterprise Development, Daisry Mathias, joined learners at Fidel Castro Primary School to mark 2021 National Readathon Week. Mathias...

New education act, regulations in final stages

2 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der Walt The regulations adjacent to the new education act are in their final stages, according to the education inspector for...

Let’s talk about it

2 ure gelede | Skole

Monique Adams On Thursday, 2 September, the Office of the First Lady and One Economy Foundation facilitated an intergenerational dialogue with young people.This dialogue looked...

Jong skoonheid met 'n hart van goud

2 ure gelede | Skole

Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n...

Windhoek Hospitality and Culinary College introduces new programme

2 ure gelede | Onderwys

Desiree Gases The Windhoek Hospitality and Culinary College (WHCC) is introducing Namibia Training Authority’s (NTA) level two housekeeping, laundry and front office programme with an...

Following in my father’s footsteps

2 ure gelede | Skole

Amalia Cloete I am currently studying at the International Training College Lingua. I am doing an honours degree in human resource (HR) management, and this...

Pupkewitz Megabuild launches 2022 graduate programme

2 ure gelede | Onderwys

Wetumwene Shikage The Pupkewitz Megabuild Graduate Programme initiative is aimed at supporting newly graduated students to gain work experience, which will serve as an additional...

Rundu in die donker

8 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...