Verwarring oor taxistaking
Hoewel die president van die Namibiese Vervoer- en Taxivakbond (NTTU), mnr. Werner Januarie, sê taxi’s gaan eerskomende Maandag staak, sê die president van die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta), mnr. Penadapala Nakathingo, sy organisasie ondersteun die staking nié.
“Ons is nie deel daarvan nie, dit is onwettig,” het hy gesê.
Januarie sê egter hulle gaan met die staking voort.
“Ons eis dat die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, ons oorkant die Windhoek-stadspolisie se kantoor toespreek,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie