'Vervoersituasie is by breekpunt'

Die regering het tot vandag kans om die krisis tussen Ariamsvlei en Nakop te ontlont waar lorriedrywers die pad met vragmotors versper.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – “Die situasie in die vervoer­bedryf het breekpunt bereik. Ons het al hoeveel mondelinge en skriftelike pleidooie aan ons lynministerie gerig, maar ons kry nie eens 'n erkenning van ontvangs op ons briewe nie.

“Die bedryf beleef 'n enorme uittog van langafstand-lorriedrywers, want hulle kan net nie meer met die uit­dagings saamleef nie al is die besoldiging hoe goed.”

Só sê mnr. Harald Schmidt, sekretaris-generaal van die Namibië Logistiekvereniging (NLA), oor die staking by Ariamsvlei van lorriedrywers wat vrag uit Suid-Afrika na Namibië bring.

Hulle het eergister begin om vrag­motors só te trek dat dit die pad tussen Ariamsvlei en die Nakop-grenspos in Suid-Afrika versper.

Dit is om beswaar te maak teen die nuwe Covid-19-regulasie wat bepaal iemand wat die land binnekom, moet 'n negatiewe PCR-toetsuitslag vir dié virussiekte kan toon wat nie ouer as 72 uur is nie. Voor die nuwe regulasies op 1 Augustus in werking getree het, was die PCR-toets vir sewe dae geldig.



VERHOOGDE KOSTE

Die nuwe regulasie beïnvloed die vloei van vragverkeer en lei tot verhoogde koste vir vervoerders aangesien hulle drywers meer dikwels vir Covid-19 getoets moet word.

Lorriedrywers het die regering tot vandag kans gegee om die situasie te beredder. Indien nie, beplan hulle 'n opmars na die gesondheidsowerhede se kantoor by die grenspos.

Schmidt sê die plaaslike vervoerbedryf het 'n agterstand van bykans twee weke opgebou toe die onluste in KwaZulu-Natal verhoed het dat vrag gelaai kon word.

“Daar is voorrade wat staan en wag om gelaai en na Namibië vervoer te word. Ons het vir hulle (belanghebbende partye) gesê 'asseblief mense, ons moet 'n plan maak', maar niks is gedoen nie,” sê Schmidt.

Hy sê die situasie lei nie net tot ­kommersiële verliese nie, maar hou 'n nasionale veiligheidsbedreiging in.

“As mense weens honger die strate invaar en sê genoeg is genoeg, wat doen ons dan?”

Die langafstand-lorriedrywers wat staak sê hulle is nie deur die ­regering geraadpleeg voor die nuwe 72 uur-regulasie in werking gestel is nie, al vertolk hulle 'n reuserol in die ­ekonomiese groei van die land.

“Ons stel ons lewens elke liewe dag in gevaar om kos en ander noodsaaklike goedere hierheen te bring, insluitend medikasie wat die ministerie van gesondheid (en maatskaplike dienste) veral nou tydens die pandemie nodig het,” lui hulle verklaring.

Hulle sê hulle moet N$750 vir elke PCR-toets betaal. Blitstoetse is veel goedkoper, maar teen die Covid-­regulasies.

Mnr. Jacques van As, eienaar van Red Dawn Logistics op Walvisbaai, sê drywers wag soms 48 uur by die grens vir die uitslag van hul PCR-toetse.

“Ek het al wanneer ek self vragte ry, op Walvisbaai getoets en dan stuur my kantoor die uitslag per e-pos aan, maar 'n mens vat 'n kans, want wat doen jy as dit positief is,” sê hy.

Hy het Dinsdag in 'n stemnota op 'n WhatsApp-groep vir vervoerders gesê “dit is 'n aborsie” by die ­grensposte. “Hulle behandel jou soos gemors daar by die grens. Aan die Namibiese en aan die Suid-Afrikaanse kant.”



REGERING

Schmidt sê dit is belangrik dat die ­regering in sy hantering van die pande­mie 'n holistiese benadering volg en alle aspekte wat die ekonomie raak, in aanmerking neem.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) is besig om te werk aan die ­inwerkingstelling van die ­Korridor-ritmoniteringstelsel (CTMS) om vragverkeer in die streek soomloos te laat vloei en al hierdie oorgrens-frustrasies uit te skakel, sê hy.

Volgens hom is dit belangrik dat die Namibiese regering en spesifiek die ministerie van werke en vervoer in die tussentyd die frustrasies wat die Namibiese vervoerbedryf weens regulasies in die buurlande ervaar, met hul eweknieë in die betrokke lande bespreek.
[email protected]


FOTO
Lorriedrywers het eergister begin om die pad tussen Ariamsvlei en die Nakop-grenspos te versper om druk op die regering uit te oefen oor die nuwe 72 uur-geldigsheidsreël vir Covid-toetse. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%