Vervoer en drank opnuut gereguleer
Die staatshoof het Vrydag die jongste spys- en drankriglyne onderteken.
Denver Kisting – Kragtens regulasies wat Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is, mag niemand wat goedere vervoer mense in of op die voertuig vervoer nie, behalwe as dié mense nodig is vir die bedryf van die voertuig vir sake- of handelsdoeleindes.
Hiernaas mag niemand wat mense vervoer – hetsy vir geld of ’n ander doel met ’n openbare of private voertuig, ’n diergedrewe voertuig of ’n trapfiets – meer as drie mense in ’n viersitplekvoertuig vervoer nie.
Dit sluit die motorbestuurder in.
Die kerf vir ’n vyfsitplekvoertuig, insluitend die bestuurder, is vier mense, terwyl die perk ook vier mense vir ’n sewesitplekvoertuig is.
Vir ’n ongespesifiseerde voertuig mag die aantal mense, insluitend die bestuurder, nie die helfte van die toegelate aantal passasiers oorskry nie, lui die regulasies wat pres. Hage Geingob Vrydag onderteken het.
In ’n diergedrewe vaartuig mag net twee mense, wat die bestuurder insluit, op reis wees.
Wat ’n motorfiets of ’n trapfiets betref, is net die ryer toegelaat.
Eienaars van voertuie van ’n voertuig wat teen betaling mense of goedere vervoer, moet verseker dat die bestuurder ’n masker dra.
Dié bestuurder moet op sy beurt toesien dat alle passasiers te alle tye maskers dra.
Eienaars van dié voertuie moet alkoholgebaseerde handreiniger voorsien en ook toesien dat die voertuig gereeld ontsmet word.
SPYS EN DRANK
Alkohol mag Maandae tot Vrydae slegs tussen 09:00 en 18:00 verkoop word.
Op ’n Saterdag is drankverkope net tussen 09:00 en 13:00 geoorloof, terwyl dit op Sondae en openbare vakansiedae verbode is.
Dié drank mag nie op die perseel waar dit verkoop word, geniet word nie.
Die drankregulasies geld nie vir ’n hotel, restaurant of “soortgelyke besigheid wat wettig kos verkoop wat bestem is om op die perseel van die verkoper verbruik te word” nie.
Dit geld ook nie vir nagklubs of dobbelhuise nie wat drank verkoop wat op die perseel gedrink word.
Maar, lui die regulasies, dié drankverkope mag slegs tussen 12:00 en 22:00 geskied.
Die regulasies het ten doel om die verdere verspreiding van Covid-19 hok te slaan.
Oortreders van die regulasies word deur ’n boete van N$2 000 of ses maande se gevangenisstraf of albei in die gesig gestaar.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie