Vertroue in regering bly ongeskend
Die verband tussen dienslewering en dié wat dit verskaf, blyk duister, aangesien 'n meerderheid voel die regering beweeg in die verkeerde rigting.
Catherine Sasman - Namibiërs se vertroue in die Swapo-regering en sy leiers bly grotendeels ongeskonde ondanks die feit dat dieselfde regering se dienslewering as betreurenswaardig beskou word.
Die politieke kenner prof. André du Pisani sê hierdie groot teenstrydigheid het te doen met die land se politieke kultuur eerder as met respondente van die sewende Afrobarometer-opname in November 2017 se opvoedingsvlak.
Du Pisani sê Namibië het 'n presidensiële stelsel waar president Hage Geingob “toenemend die politieke verhaal gekaap het”.
“Dit is daarom nie vreemd dat mense 'n hoë vlak van vertroue in die regering sal hê nie,” het hy gister by die aankondiging van die opname se uitslae gesê.
Ander het gevoel dit is omdat Namibiërs “geen verwagtinge” van die regering koester nie.
Die Afrobarometer vir Namibië is deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) gedoen.
OPENBARE DIENSTE
Uit 'n steekproef van 1 200 voel 52% van die respondente die regering slaag nie in die verskaffing van grond en behuising in stedelike gebiede nie.
Daarenteen sê 57% dat die regering “redelik goed” tot “baie goed” presteer in die verskaffing van water- en sanitasiedienste ongeag die feit dat die meeste landelike huishoudings nie toegang tot hierdie tipe infrastruktuur het nie.
Respondente is ook nie te gelukkig met gesondheidsdienste nie.
Sowat 35% sê hulle sukkel met toegang tot gesondheidsdienste; 44% sê hulle moet in lang rye wag en 57% sê toegang tot hierdie dienste verbeter tog.
Sowat 43% sê hulle het meestal elektrisiteit en 51% sê hulle is gelukkig met die verskaffing hiervan.
WERKLOOSHEID WEK MEESTE KOMMER
Die meerderheid (66%) respondente sê werkloosheid is die grootste probleem wat die land tans in die gesig staar. Sowat 34% is bekommerd oor armoede, 21% oor die beskikbaarheid van grond en 17% is bekommerd oor onderskeidelik onderwys en korrupsie.
Sowat 7% van die respondente is minder bekommerd oor paaie en ander oor infrastruktuur.
'n Groot meerderheid (57%) sê die regering het misluk in die verskaffing van gedienste grond en behuising in stedelike gebiede waar ongeveer 500 000 mense in plakkerswoonbuurte woon, wat grotendeels onwettig opgerig is.
Kommerwekkend is dat 56% voel die land beweeg in die verkeerde rigting.
Tog vertrou meer as 60% vir president Geingob, die eerste minister me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, ander ministers en streeksleiers.
MEER GEDOEN AS WAT ERKEN IS
By dieselfde geleentheid het die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Derek Klazen, gesê dit is nie waar dat daar nie genoeg gedoen word om die behuisingsprobleem op te los nie.
Hy het gesê die nuwe wet op landelike en stedelike grond, wat reeds deur die parlement goedgekeur is, sal die verskaffing van gedienste grond bespoedig.
SIMATAA NEEM AANSTOOT
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, het intussen kapsie gemaak oor die gevolgtrekkings wat die IPPR in sy opname oor die rol van die private sektor in die stryd teen korrupsie gemaak het.
Onder meer sê die IPPR die private sektor kry min aanmoediging om korrupsie te bestry, aangesien die Swapo-regering 'n meerderheid van twee derdes in die parlement geniet, terwyl die opposisie swak bly.
Die private sektor het ook gevoel hulle sal omkoopgeld aanbied solank as wat politieke en regeringsamptenare omkoopgeld vir diensverskaffing vereis.
Hulle het voorts gevoel hervorming is onwaarskynlik, aangesien mense met politieke bande en onbevoegde amptenare 'n groot deel van die staatsdiens uitmaak.
Simataa het teruggekap en gesê hierdie verslag moes nooit gepubliseer gewees het nie - glo oor ernstige gebreke.
Hy het gesê die bevindinge van die verslag is “erg bevooroordeeld, op opinies ingestel, blatant vooraf bepaal” en nie op empiriese bewyse gebaseer nie.
Simataa het gesê die regering, van die president se vlak af, het onderneem om korrupsie te ontwortel.
Hy het ook gesê dit is “absurd” van die private sektor om die regering vir die land se korrupsie verantwoordelik te hou, en voeg by almal moet dit bestry.
“Ons het nie toeskouers nodig nie en ons het ook nie surrogaatverdedigers vir korrupsie in die privaat sektor nodig nie.
“Wat ons nodig het, is die verenigde aksie om almal wat by korrupsie betrokke is, te isoleer en te hanteer, ongeag hul status in die samelewing,” het Simataa gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie