Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk
Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

’n Sukkelende staatsonderneming, wat tans ’n allemintige bedrag van meer as N$75 miljoen skuld, staan op die punt om sy deure te sluit ná jare van swak bestuur.
Mathias Haufiku
Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke te gebruik en goed geplaaste amptenare wat die toutjies van binne af getrek het.
Van die bevindinge:
• Maatskappy het N$50 miljoen deur onderverkope verloor
• Ontslape besturende direkteur het bande met verskaffers gehad
• Miljoene betaal vir goedere wat nooit afgelewer is nie
• Raad van interne adviseurs geïgnoreer

Die verslag, wat ons susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het, is deur forensiese ondersoekers van die ouditeursfirma Deloitte saamgestel en aan die regering oorhandig.

Agribusdev, wat tans ’n allemintige bedrag van meer as N$75 miljoen skuld, staan op die punt om sy deure te sluit ná jare van swak bestuur, wat gevolglik die maatskappy se finansies lamgelê het.

Die situasie word vererger deur onthullings dat Agribusdev in ’n stadium sy dadels met N$50 miljoen onderverkoop het aan ‘n private maatskappy wat bloot die dadels oor die grens vervoer het om dit daar te verkoop. Daar is ook gevalle waar miljoene aan ‘n verskaffer betaal is vir goedere wat nooit afgelewer is nie.

Verskeie Agribusdev-werknemers in senior posisies, onder wie die maatskappy se ontslape besturende direkteur mnr. Petrus Uugwanga, is betrek by ‘n “begunstigingskomplot” wat die Suid-Afrikaanse kunsmisverskaffer Kynoch en ‘n plaaslike maatskappy wat dadels produseer, SomNam Investments, uitgesonder het.

Agribusdev se finansiële uitdagings is verder vererger deur talle bewerings van swak finansiële bestuur, onervare raadslede en swak bestuur in die algemeen.

KYNOCH-BANDE

Ná jare se mediaberigte wat bande tussen Agribusdev en Kynoch bevraagteken, het die verslag die lig gesien.

Die Suid-Afrikaanse firma het volgens die verslag verskafferskontrakte ontvang selfs toe dit nie die goedkoopste materiaalverskaffer was nie.

Daarbenewens, ten spyte van “beduidende afleweringskwessies, insluitend laat en onderlewering van materiale”, is Kynoch steeds as verskaffer gebruik.

“Dit blyk die verkrygingsproses is gemanipuleer om hulle as die hoofverskaffer te hê. Die Agribusdev-agronomieafdeling se raad is geïgnoreer ten gunste van Kynoch s’n,” lui die verslag.

Die ondersoek het ook moeite gedoen om die kollig op Agribusdev se voormalige tegniese adviseur, mnr. Riaan Fokkens, te laat skyn – wat toevallig ook Kynoch se plaaslike agent was.

“Weens mnr. Fokkens se verhouding met Kynoch as die Namibiese agent en sy invloedryke posisie in die organisasie, kan ons ‘n neiging sien van ‘n toename in verkryging van Kynoch ná sy aanstelling as tegniese adviseur by Agribusdev.”

Die verslag het ook onthul hoe Agribusdev in 2019 meer as N$5,6 miljoen betaal het vir materiale wat deur Kynoch gefaktureer is en glo nooit afgelewer is nie.

GOEDKOPER PRYSE

Die ondersoek het bevind dat Agribusdev, ondanks sy eie finansiële uitdagings, sy dadels onderverkoop het.

Daar was ook ernstige kommer oor onvanpaste beheer van die sorteer-, gradering- en prysbepalingsprosesse wat die maatskappy geïmplementeer het.

Agribusdev het ’n kontrak vir dadels en druiwe aan SomNam Investment toegeken.

Volgens die verslag het Agribusdev-werknemers ondersoekers ingelig oor ‘n beweerde noue werksverhouding tussen Uugwanga en SomNam, en dat die ontslape besturende direkteur persoonlik by die dadelverkope gebaat het deur Orange River Irrigation Project (ORIP) se dadels se pryse te verlaag en teen markwaarde in Suid-Afrika aan Karsten Farms te verkoop.

Die ondersoekers kon egter “nie hierdie verhouding bewys nie, aangesien daar geen dokumentêre bewyse van ’n sameswering is nie”.

Destyds, in 2019, het ondersoekers die markpryse van dadels by die Namibië Akkerbouraad (NAB) gekry en opgemerk die SomNam-pryse was aansienlik laer.

ORIP het dadels ter waarde van N$9 593 461,92 aan SomNam verkoop teen 26 April 2019, volgens ’n oorsig van verkope.

“Ons het die potensiële inkomste herbereken op grond van die markverwante pryse wat deur die NAB verskaf is en die resultate met die werklike verkope vergelyk. Ons het ‘n potensiële verlies van N$12 818 092,42 in dadelverkope in die 2019-’20-seisoen opgemerk – gegrond op hierdie assessering,” het die ondersoek bevind.

Dit het bygevoeg: “Ons het opgemerk dat SomNam ORIP-dadels vir drie seisoene vóór 2019 gekoop het, wat kan dui op potensiële verliese van meer as N$50 miljoen oor vier jaar.”

‘EENMANVERTONING’

Ondersoekers het na bewering data van die ander seisoene wat SomNam ORIP se dadels gekoop het aangevra, maar dit is nie verskaf nie.

“Mnr. Abdul, SomNam se direkteur, het alleen al die sortering, gradering en prysbepaling gedoen. Enige pogings deur ORIP-personeel om hom te bevraagteken oor sy gradering van die dadels wat pryse beïnvloed, sou hy weerlê.

“Hy het effektief die hele proses beheer – van groei tot die bemarking van die dadels,” lui die verslag.

SomNam het volgens die verslag net die dadels oor die grens na Karsten Farms in Suid-Afrika vervoer en teen markverwante pryse verkoop sonder enige waardetoevoeging.

Hierdie berig is die eerste in ‘n reeks ondersoeke na die bedrywighede van Agribusdev sedert dit in November 2011 op die been gebring is.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065