Verskuiwing van Reiterdenkmal op film vasgevang
Andreas Vogt’n Fotografiese uitstalling met die titel History unbolted – the removal of the Reiterdenkmal het onlangs in die Nasionale Kunsgalery geopen. Die uitstalling se tema, soos die titel, dui op die verwydering van die bekende Reiterdenkmal in Windhoek, wat op ’n meesterlike en asemrowende wyse deur twee Namibiese fotografiese kunstenaars, Nicola Brandt (26) en Tanya Davidow (26), gedokumenteer is.
Nicola is ’n doktorsgraadstudent in die kunste en kunsgeskiedenis aan die Universiteit van Oxford in Engeland, terwyl Tanya onlangs ’n graad in sake- en politieke wetenskappe behaal het. Die uitstalling kan tot 15 Februarie besigtig word. Die kunswerke is te koop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie