Verskeie staatskole in Windhoek sonder water, krag
Meer as tien staatskole in Windhoek is reeds vir dae sonder krag en water, nadat toevoer deur die munisipaliteit afgesny is. Die skole wat geraak word, sluit HTS, WHS, Academia, Centaurus, Concordia, Cosmos, Dawid Bezuidenhout, Ella du Plessis, Seunskool Pionier en Eros in. Skole met koshuise het leerlinge wat hier tuisgaan versoek om eers tydelike verblyf te kry. Die direkteur van onderwys in die Khomasstreek, mnr. Gerard Vries het Dinsdag gesê die ministerie is in gesprek met die munispaliteit om toevoer te herstel. Volgens hom het die ministerie in Februarie reeds meer as N$50 miljoen vir munisipale rekeninge betaal.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie