Vernuftige storie met u2019n bitsige Kaapse byt
Vernuftige storie met u2019n bitsige Kaapse byt

Vernuftige storie met ’n bitsige Kaapse byt

Lloyd Zandberg
Die kuberkraker Sarah Fourie en die afgetrede polisieman en teësinnige sidekick Jaap Reynecke bevind hulle in ’n triestige, koue winter-Kaapstad waar die reën oor die see sit “soos ’n beneukte grys rondloperhond wat wonder oor nader kom”.

Die onverwagte besoek uit die Noorde is nie om dowe neute nie. Sarah klim nie vir sommer enigiemand op ’n vliegtuig nie, maar Mosi, Sarah se vriendin uit haar tronkdae, het haar nodig.

Binne 24 uur gaan ’n vierde toeris in die stad vermoor word. Mosela Mosholi, eienaar van The Library, ’n maatskappy wat spesialiseer in die insameling en analise van data, sê so en haar datapatrone lieg nie. Inligting is mag en met kunsmatige intelligensie – algoritmes, slimfone wat na alles luister en hommeltuie wat alles sien – is data deesdae die sleutel wat die wêreld ontsluit.

Net jammer die sogenaamde slim data sê nie wie volgende vermoor gaan word nie. Dit sê ook nie wat die verband tussen die slagoffers is of die motief agter die moorde nie. Daardie benydenswaardige uitdaging word vierkantig voor Sarah Fourie se deur gelê.

En Jaap? Jaap is, tot Mosi se eindelose frustrasie, deel van die pakket omdat hy in die skuld is by Sarah. Sy speuragtergrond kom egter saam met ’n inherente agterdog en die besef dat “die Mosela-vrou” alles weet van sy polisieverlede, dreigende siekte en cholesterolvlakke help hoegenaamd nie om sy vertroue ’n hupstoot te gee nie. Daarbenewens is Mosi se diepgegronde obsessie met ’n kliniese werksomgewing vir Jaap volksvreemd en beskou hy haar digitale datasentrum as ’n “opgeneukte sandput”.

Gewapen met Mosi se data, begin Sarah en Jaap ’n blindelingse soektog na die gehuurde sluipmoordenaar, ’n getatoeëerde vrou met ’n militêre agtergrond. Haar spoor lei hulle vanaf ’n luukse hotel in die toeriste-besaaide Waterfront tot by die koeëlbesaaide Manenberg op die Kaapse Vlakte. Jaagtogte kruis en dwars oor die stad sorg vir aksiebelaaide tonele en noue ontkominge. Net soos Sarah se swart Triumph Speed Triple-motorfiets, volg Sewe-en-veertig ook verskeie draaie en dwaalspore om te verhoed dat die einde vervelig voorspelbaar is.

Kaapstad is ’n karakter op haar eie – buierig en onplesierig gooi sy vir Jaap en Sarah ’n geniepsige koue skouer. Buiten die alomteenwoordige weer, bekyk en beskryf Irma Venter die fyner detail van geboue, straattonele en stadsaktiwiteite met presisie en kan jy jou moeiteloos na die Kaapse middestad, en later selfs Japan, verplaas. Nie net die Kaap se gunstige sy word ten toon gestel nie. Bendegeweld in die “big bad ganglands van Cape Town”, asook ondergrondse misdadige bedrywighede in Langstraat se klubs en die wedywering om beheer van winsgewende prostitusie- en dwelmnetwerke word ook onder die loep geneem.

Kaapstad is ’n karakter op haar eie – buierig en onplesierig gooi sy vir Jaap en Sarah ’n geniepsige koue skouer.

Nes die stad dra sy mense ook swaar aan hul probleme en het sommige ’n komplekse agtergrondgeskiedenis. Derhalwe word hulle uitgebeeld as veelvlakkige karakters eerder as kartonfigure wat net deel uitmaak van die uiteindelike dodetol. Enkele karakters wat uitstaan, is majoor Barend Lindeman, die man met die voorkoms van ’n kiewiet, Smittie, Mosi se regterhand, en Charmaine Bruinders, ’n ambisieuse sepiester. Brits, die kroegeienaar van die Grim Fandango, probeer voortdurend vir Sarah met ’n martini verlei terwyl hy terselfdertyd moet sukkel om sy regte naam en agtergrond vir haar weg te steek. Sy probeer ewe hard om sy toenadering te weerstaan met wisselende sukses.

Kaptein Moegamat Hendricks en leier van die Young Guns, Abdul Samuels, sit aan twee teenoorgestelde kante van die reg en gee ’n oortuigende weerspieëling van die Moederstad se minder sigbare misdadige penskant. Die eerlikheid en egtheid van karakters soos hierdie lê in hul moeitelose en realistiese dialoog. Wanneer die geleentheid dit regverdig, word kragwoorde gebruik, maar die teks word nie onnodig daarmee gepeper bloot om aandag te trek nie. Die sporadiese “moer” en “donner” val naatloos in by die trant en verloop van die gesprek.

Met so ’n uitgebreide rolverdeling kan dit maklik wees om die draad te verloor, maar wanneer die verband tussen karakters mettertyd onthul word, het elkeen sy plek verdien. Selfs die enkeles wat nie kritiek tot die uitvoering van die hoofstorielyn is nie, het nietemin genoeg om die lyf om aandag te trek.

Wanneer Venter skryf, skryf sy ekonomies. Haar sinne is kompak en tot die punt, maar dit dra presies die regte hoeveelheid inligting oor sonder dat ’n greintjie leesbaarheid in die slag bly. Daar is nie plek vir langdradigheid nie – die storie stoomroller voort en behoed die een wat in sy pad staan. Bondige hoofstukke wat hangend eindig sorg daarbenewens dat momentum nie verloor word nie.

Met Sewe-en-veertig, die sewende in die S-reeks, sement Irma Venter haar status as mededinging vir Deon Meyer stewig vas. Dit bevat al die noodsaaklike elemente van vernuftige en boeiende misdaadfiksie met ’n bitsige Kaapse byt.

Sonja van der Westhuizen is ’n vryskutresensent van Stellenbosch. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.24/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.24/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042