Vermiste Amerikaner se familie help soek
Vermiste Amerikaner se familie help soek

Vermiste Amerikaner se familie help soek

Mnr. Mark Mokosho se broers en suster is ook nou deel van die soekgeselskap.
Des Erasmus
Des Erasmus - Twee broers en 'n suster van die vermiste Amerikaner van Afrika-herkoms, mnr. Mark Mokosho, het die ganse Kersdag teen die hange van Brandberg saam met soekgeselskappe deurgebring.

Maandagaand het hulle uitgeput na Uis teruggekeer sonder 'n teken van die 37-jarige man saam met wie hulle grootgeword het.

Gisteroggend voordag is hulle, soos Maandagoggend, weer na die plek waar Mokosho 11 dae gelede die laaste keer by sy verlate huurmotor langs die pad op die roete na die Gobobosberge gesien is.

Die drietal is mnr. Roy Mokosho, me. Marie Nutter (albei van Amerika) en mnr. Brilliant Mokosho, wat in Suid-Afrika bly. Hulle is lede van 'n kroos van 17 kinders en Nutter is die vermiste Mark se tweelingsuster.

Verblyfreëlings is toe reeds vir hulle getref. Van Uis af sal die drie waarskynlik padlangs na die soekgeselskappe teen die westelike hange van Brandberg reis.

Dowwe spore teen Brandberg is uitgeken as Mokosho s'n. Die tekens dui op 'n man wat toe onseker en steierend kon beweeg het.

Die slappe gang van die vermiste man is die afgelope Saterdag sowat 10 km van die plek gekry waar die toeris sy gehuurde ligte vragmotor op Vrydag 15 Desember langs die grondpad na die Gobobos-vlakte geparkeer het en in die rigting van Klein Brandberg gestap het.

In die bakkie was 'n kan water en kampeertoerusting. Die bergland­skap is dié tyd van die jaar waterloos met 'n versengende Desember-hitte.

Die soektog na Mokosho het Saterdag 'n week gelede met 'n verkenningsvliegtuig en twee polisiehelikopters begin, en lede van die polisie se spesiale veldmag neem ook deel.

Teen verlede Woensdag is dit verder uitgebrei met lede van 'n spesiale eenheid van die Namibiese weermag.

Intussen het ook die Amerikaanse ambassade in Windhoek as een van die skakelpunte toegetree.

In die gebied waar min mense bly, het 'n toerinstansie, Camp Elephant Rock, ook betrokke geraak met groot vure wat brand om rookwolke te skep wat kilometers ver as seine van lewe gesien kan word.

Snags word ligte aangeskakel wat deur die vermiste as 'n baken van hoop gesien kan word.

Roy Mokosho weier om te aanvaar dat hy sy broer nie weer lewend gaan sien nie. Pleitend sê hy die publiek moet hulle by die polisie en soekgeselskappe aansluit.

Hy vestig sy hoop op Mokosho, wat hy as 'n besondere fikse en gesonde man bestempel met 'n groot liefde vir die natuur en Afrika as sy geboortegrond.

Hy het ook besonderhede van Mokosho verstrek.

Hy het uit Afrika geëmigreer en in die Amerikaanse weermag die status van 'n sersant bereik voordat hy hom tot die private sektor gewend het.

Sy pa was lid van die destydse Amerikaanse vredesmag.

Van die beweringe wat opgevolg word, is dat hy voornemens was om Brandberg toe te gaan waar hy blykbaar van 'n kampeergebied gebruik sou maak.

Toe hy die aand van 15 Desemer nog nie by sy huurvoertuig terug was nie, het van die plaaslike mense, onder andere van Camp Elephant Rock, met die polisie geskakel waarna 'n soektog begin is.

BRANDBERG

'n Vermoede bestaan dat Mokosho Brandberg probeer klim het ondanks vroeëre waarskuwings dat hy dit nie alleen moet waag nie.

Op Swakopmund het Republikein met mnr. Valdemar Swart, 'n ervare Brandberg-klimmer, gesels. Hy het die berg reeds langs verskeie roetes tot by Königstein as hoogste spits geklim. Ook hy sidder by die gedagte dat iemand dié tyd van die jaar die berg alleen te voet kon aandurf.

Swart sê in die berg is daar plekke waar daar teen gladde wande uitgeklouter moet word wat feitlik loodreg in die rotslandskap hang.

Sou 'n klimmer daar val, word soms noodwendig agteroor getuimel. Uiteindelik kan so 'n valler in van die baie skeure beland waar nie sonder bystand uitgekom kan word nie. So 'n klimmer kan ook in sy valslag op sy kop beland.

Swart het na 'n letsel langs sy neus gewys wat hy self opgedoen het toe hy 'n keer in die berg geval het. Sou 'n klimmer in een van die diep skeure beland, sal dit ook baie moeilik wees om hom te sien.

Hy sê selfs al is klimmers naby mekaar vind hulle dit moeilik om mekaar in die berg te hoor.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.81/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.81/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045