Vermeende tref-en-trapper wel vervolg

07 October 2020 | Howe
Andrew Poolman



Die familie en vriende van wyle me. Ingrid van Wyk Scholtz se kommer dat die hofsake teen haar vermeende tref-en-trapbestuurder weens afwagting op vereiste dokumente in die polisiedossier van die hofrol verwyder kon word, is gister besweer met die nuus wat hulle wou hoor.

Mnr. Paulus Kambata sal by sy volgende hofverskyning op 7 Desember moet pleit op die ses klagte waarop hy tereg staan in die nadraai van die noodlottige botsing tussen sy voertuig en die fiets waarop Scholtz op Vrydag 15 November 2019 op die westelike verbypad se vierrigting-afdraai na Unam gery het.

Kambata staan tereg op ses klagte, naamlik strafbare manslag, roekelose bestuur, die versuim om by die ongelukstoneel stil te hou, die versuim on hulp te verleen aan 'n beseerde/s by 'n ongelukstoneel, die versuim om 'n ongeluk aan te meld en regsverydeling.

Toe die polisiedossier Dinsdagoggend nie in die hofverskyning beskikbaar was nie, is die saak tot die middag uitgestel. Teen die middagtyd is die dossier wel opgespoor, hoewel dit nie volledig was nie.

Gister het landdros Celma Amadhila gelyk gegee aan die aanklaer, me. Bernadine Bertolini, se betoog dat die enkele uitstaande dokumente wat tot dusver die aanvang van die hofsaak vertraag het (insluitend die polisie se forensiese verslag) nie genoegsaam opweeg teen die erns van die klagte en die openbare belang in die uitslag van die hofsaak nie.

Bertolini het ook uitgewys dat die Covid-19-pandemie en nasionale inperkings ook die ondersoek belemmer het, maar dat daar genoegsame bewyse is om Kambata te vervolg.

Die beskuldigde is op 11 Desember op borgtog van N$8 000 vrygelaat.

“Dit was erg om te sien dat die beskuldigde nie verantwoordelikheid vir sy nalatigheid wil neem nie, want in sy borg­aansoek het hy beweer wyle Ingrid het voor hom ingedraai,” het die familie dié week gesê.

Kambata se regsverteenwoordiger, mnr. Veiko Alexander, het gister in sy afwesigheid vermaan nadat hy nie sy kliënt in die hof vergesel het nie.

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...