Vermeende tref-en-trapper bly agter tralies
Die man wat verlede Maandag na bewering vir die tref-en-trap-ongeluk verantwoordelik was waarin vier mense gesterf het, het Donderdag in die landdroshof op Rundu verskyn en is borgtog geweier.
Mnr. Vensislaus Mutero (49) staan onder meer tereg op vier klagte van poging tot moord.
Ten tyde van sy inhegtenisneming Dinsdag was hy uit op borgtog rakende twee moordklagte. Mutero het na bewering in September 2015 sy swanger vrou, me. Rosalia Shirenge, en sewejarige seun, Alexius Vipanda Mutero, in die Ndiyona-nedersetting geskiet.
Landdros Hellen Olaiya het bortog op Mutero se jongste klagte geweier, onder meer vanweë die erns daarvan.
Vier lede van ’n familie is in die tref-en-trap-ongeluk oorlede: mnr. Petrus Haingura (44), me. Patricia Haingura (38), Philip Haingura (5) en Belindine Haingura (1).
Die oorledenes is raakgery ná hulle die Trans-Caprivi-hoofweg by Ndama wou oorsteek.
Die saak is tot 9 April vanjaar uitgestel. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie