Vermeende stroper sterf nu00e1 renosteraanval
Vermeende stroper sterf nu00e1 renosteraanval

Vermeende stroper sterf ná renosteraanval

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - "Renosters is behulpsaam en takel self die stropers," het die minister van die omgewing en toerisme gesê nadat 'n vermeende stroper die naweek aan sy wonde beswyk het ná 'n renosteraanval.

Die minister, mnr. Pohamba Shifeta, het gister tydens 'n mediakonferensie in die hoofstad die jongste stropingsyfers verskaf en bevestig dat 'n vermeende stroper Saterdag (21 Okt) oorlede is nadat hy ernstig deur 'n renoster in die Etosha Nasionale Park beseer is.

"Twee verdagtes is verlede naweek in die Etosha Nasionale Park in hegtenis geneem nadat hulle onwettig renosters probeer jag het. Hulle is deur 'n renosterkoei wat 'n kalf het, aangeval en beseer," het Shifeta gesê.

Hy sê een verdagte wat minder ernstig beseer is, is verlede Sondag in hegtenis geneem en die ander een met ernstige beserings Saterdag.

"Hy het probeer loop, maar hy het baie gebloei. Hy het oomblikke ná sy inhegtenisneming weens vermeende dehidrasie en beserings van die renosteraanval gesterf," het die minister gesê.

Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se misdaadverslag is die ernstig beseerde verdagte omstreeks 11:30 Saterdag gevind en 'n nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.

"Deur ons intelligensie was die verdagtes se aktiwiteite reeds bekend aan die owerhede," het Shifeta gesê.

Volgens die minister is ammunisie en 'n geweer in die verdagtes se besit gevind.

Die oorlewende beskuldigde, mnr. Rufeni Muharukua, het verlede Maandag op klagte van die jag van spesiaal-beskermde wild, die besit van ammunisie sonder 'n lisensie, asook die betreding van die Etosha Nasionale Park sonder 'n permit in die Opuwo-landdroshof verskyn.

STROPINGSYFERS

Voorts het die minister gesê stropingsyfers het aansienlik gedaal met altesaam 27 renosters wat vanjaar gestroop is teenoor 60 verlede jaar en 95 in 2015.

Wat olifante betref, is altesaam 20 vanjaar gestroop in vergelyking met 101 olifante verlede jaar en 49 in 2015.

"Ons het begin om die tendense van stropery te laat afneem met minder stropingsgevalle vanjaar aangeteken, en in ons pogings het ons ook verdagtes in samewerking met Nampol en ander wetstoepassers in hegtenis geneem," het Shifeta gesê.

Volgens hom is vanjaar 75 verdagtes in verband met wildverwante misdaad soos onwettige jag en die besit van renosterhorings of olifanttande in hegtenis geneem. Verlede jaar is 82 in hegtenis geneem en 96 in 2015.

"Ons het altesaam 30 renosterhorings gevind en daarop beslag gelê, asook op 183 olifanttande en 69 stukkies ivoor. Dit is 'n prestasie van die ministerie, Nampol en die Namibiese weermag (NDF)," het Shifeta gesê.

"Dit wys dat die pogings en die beleggings teen stropery deur die ministerie en ander owerhede soos Nampol, NDF, die Namibiese sentrale intelligensiediens, die aanklaer-generaal se kantoor, die private sektor, nie-regeringsorganiasies, internasionale ontwikkelingsvennote, bewaringsgebiede, boere en lede van die publiek resultate toon."

Die minister sê sedert die begin van die huidige stropingsprobleem, het die regering deur die ministerie maatreëls in plek gestel om stropery in die land te takel en meer hulpbronne is aangewend om dit te beveg.

"Stropery behels internasionale kriminele sindikate, is ingewikkeld en gekommersialiseerd, en ons het nie hier te doen met bestaanstropery soos in die verlede nie," het Shifeta gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!