Vermeende stroper doodgeskiet
Tanja Bause – Daar word beweer die 73-jarige eienaar van die plaas Senderling by Kamanjab het Saterdag om 11:30 die Angolese burger mnr. Tuayunda Mbwale met sy gelisensieerde Winchester-geweer doodgeskiet.
Die eienaar het die plaas glo gepatrolleer toe hy op die man afkom, wat na bewering ’n gemsbok doodgemaak het.
Die oorledene het glo probeer weghardloop en is in die proses doodgeskiet.
Die plaaseienaar is in hegtenis geneem.
Tsumeb se burgemeester was Donderdag om 08:22 in ’n motorongeluk betrokke.
Hy het glo op die hoek van Maria Nehoyastraat en Hage Geingobrylaan met ’n staatsambulans gebots.
Die ambulans was van Windhoek af na Oshakati op pad toe die ongeluk gebeur het.
Die burgemeester was na wat verneem word alleen in die voertuig en was glo nie in besit van sy rybewys nie.
Hy is nie in die voorval beseer nie.
Die 53-jarige ambulansbestuurder en sy drie passasiers, ’n 24-jarige verpleegster en twee pasiënte van 71 en 74, is met beserings in die Tsumeb-staatshospitaal opgeneem.
Sondag het verbygangers ’n naakte mnr. Jaco Hendriks in die Gammamsrivier agter die Enkelkwartiere in Katutura gevind.
Hy is glo deur onbekende mense aan die brand gesteek.
Die verbygangers het die polisie in kennis gestel en Hendriks is na die Katutura-staatshospitaal geneem waar hy aan sy wonde beswyk het.
Die polisieondersoek duur voort. Enigiemand met inligting in verband met dié voorval kan vir adj.komm. Abner Agas by 081 124 2649 skakel.
Volgens die polisie het ’n 26-jarige man op die plaas Skoonheid in die Du Plessis-gebied naby Gobabis sy 71-jarige ouma tussen Vrydag en Saterdag verkrag. Die man is in hegtenis geneem.
By die Oshoopala-Uukwiyu Uushona-nedersetting naby Ondangwa het ’n 31-jarige man Saterdag om 20:06 glo ’n 26-jarige vrou aangerand en verkrag.
Die polisie sê hy het haar geslaan, geskop en met ’n mes gedreig voor hy haar verkrag het. Die man is glo die vrou se kêrel. Die man is deur die polisie in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie