Vermeende moordenaar weier glo verplasing

Seun loof polisieoptrede

24 April 2019 | Howe
Denver Kisting



Die 57-jarige man wat na bewering 'n anderhalf week gelede agt noodlottige skote op Arandis afgevuur het, was glo ongelukkig omdat hy van Tsumeb na Keetmanshoop verplaas is.

Hy is gister in verband met 'n dubbele moord in hegtenis geneem, maar nog nie voor die hof gedaag nie.

Sy baas, mnr. Eckhart Mueller (72), en dié se adjunk, mnr. Heimo Hellwig (60), het verlede Maandag in dié koeëlreën gesterf. Hulle is in die kop en maag getref en is op die toneel dood.

Die verdagte het glo tussen 06:00 en 07:00 verskeie kere die sneller getrek nadat Mueller en Hellwig oudergewoonte saam in Mueller se Mercedes-Benz op die Arandis-kampus van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt) aangekom het.

Mnr. Richard Mueller, 'n seun van Mueller en bekende Windhoekse prokureur, het gister die nuus oor die inhegtenisneming verwelkom. “Wonderlik. Dit klink goed.”

Hy het die polisie vir hul flinke optrede geloof.

Sy pa en Hellwig het daagliks tussen Swakopmund en Arandis vir werk gependel.

'n Ander kollega wat ook dikwels saamgery het, het hulle nie daardie oggend vergesel nie.

Richard Mueller het gister gesê hy het die verdagte nog nooit ontmoet nie. Hy was egter bewus van die spanning, sê hy.

Mnr. Ralph Bussel, die hoof van die ingenieurswese-afdeling van die hoofkampus, het gister bevestig die verdagte was steeds op Tsumeb ge­stasioneer nadat die vermeende moordenaar glo geweier het om Keetmanshoop toe te trek.

Bussel sê dié man het daagliks tussen Otavi en Tsumeb gependel.

Die verdagte is 'n pas-en-draaidosent.

Bussel sê die studente en personeellede van die Arandis-kampus is gisteroggend weer eens huis toe gestuur.

Volgens hom wag hulle op die polisie om te hoor wanneer hulle hul werksaamhede mag hervat.

In hierdie stadium word die kampus nog as 'n misdaadtoneel hanteer, sê hy.

Die gemeenskap van dié dorpie het ook gister 'n kranslegging buite die gebou gehad waartydens kerse voor die foto's van die ontslape mans aangesteek is.

Bussel sê geen waarnemende tussentydse hoofde is al aangestel nie. Die bestuurslede verdeel in dié stadium die verantwoordelikhede, sê hy.

Volgens hom is die akademiese bedrywighede op die Tsumeb- en Keetmanshoop-kampus nie onderbreek nie.



GESAMENTLIKE ROUDIENS

Richard Mueller sê 'n gesamentlike roudiens word steeds aanstaande Dinsdag op Swakopmund gehou.

Private seremonies op uitnodiging vind later plaas.

Die waarnemende hoof van die polisie se skakelafdeling, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het gister gevra die polisieondersoek moet eerbiedig word.

Sy kon nie bevestig of vroeëre klagte weens die beweerde onwettige besit van wapens en ammunisie teen mnr. Ernst Josef Lichtenstrasser (57) laat vaar is nie. Dié klagte is in 2013 op Karibib aanhangig gemaak.

Lichtenstrasser het Paasnaweek in aanhouding deurgebring en het vroeg gisteroggend voor assistentlanddros Monalisa Hays verskyn.

Shikwambi sê Lichtenstrasser het na bewering die wapen- en ammunisiewet oortree.

Daarvolgens mag 'n mens nie in besit van enige ammunisie wees nie, behalwe as hy of sy wettig 'n wapen besit waarmee daardie ammunisie geskiet mag word.

Vroeër is berig Lichtenstrasser is glo met twee patrone vir 'n .22-geweer betrap.

Dié saak is tot 27 Mei vir verdere polisieondersoek uitgestel.

Geen borgtog is toegestaan nie.



VERDAGTE VAS

Die verdagte in die Arandis-slagting is verlede week op Karibib vir ondervraging aangekeer.

Hy is na wat verneem word gister in verband met die moorde in hegtenis geneem kort nadat hy op 'n ander klag in die Karibib-landdroshof verskyn het. Omdat hy nie gister soos verwag voor die hof gedaag is nie, word sy identiteit – wat aan Republikein bekend is – weerhou.

Komm. Andreas Nelumbu, die polisiebevelvoerder van die Erongo­streek, het gistermiddag by navraag gesê die ondersoekspan is nog besig om getuienis bymekaar te maak.

Maar, sê hy, die verdagte sal waar­skynlik nie vrygelaat word nie. “Ons wil nie dinge haas nie. Ons wil seker maak hy het 'n klag waarop hy moet antwoord.”

Shikwambi het laat gistermiddag gesê die verdagte sal na verwagting vandag in die Swakopmund-landdroshof verskyn.

Intussen het me. Justine Jonas, hoofsekretaris van die Metaal- en Verwante Werkersunie (Manwu), gister gesê die vakbond is geskok oor bewerings dat die verdagte 'n lid van hul vakbond is.

“Ons ken hom nie,” het sy gesê.

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

3 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

13 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

13 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

13 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

13 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

13 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

13 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...