Vermeende grootbaas van Mafia agter tralies in Sisilië

06 December 2018 | Internasionaal
Die Italiaanse paramilitêre polisie het Dinsdag die vermeende hoof van die Sisiliaanse Mafia in hegtenis geneem.
Die BBC berig dat die 80-jarige juwelier Settimo Mineo in Mei vanjaar as die leier van die berugte Cosa Nostra verkies is. Mineo is saam met 45 ander verdagtes deur die Italiaanse paramilitêre polisie, die Carabinieri, in ’n klopjag in Palermo gearresteer op aanklagte van afpersing, brandstigting, vuurwapen-oortredings en ’n rits ander misdade. Die mafiagrootbaas is in Italiaans bekend as “capo dei capi” of die baas van alle base.
Volgens Sky News het owerhede die inhegtenisname van Mineo as ’n groot sukses bestempel omdat die Cosa Nostra juis ná die dood van sy grootbaas Salvatore (Toto) Riina die organisasie se strukture herbou het.
Die 87-jarige Riina is verlede jaar in die tronk oorlede. Hy het berug geword vir ’n reeks moorde in die 1980’s en 1990’s op aanklaers, regters en ander wetstoepassers. Riina was al sedert 1993 agter tralies maar het ’n uitgebreide misdaadnetwerk vanuit die gevangenis beheer.
Luigi di Maio, die Italiaanse adjunk- eerste minister, het Dinsdag se inhegtenisname van Mineo as ’n triomf oor die Mafia beskryf. - Netwerk24

Soortgelyk
Honderde miljoene vir veevoer nodig
23 ure gelede | Landbou
Min of geen handboeke vir nuwe leerplan
23 ure gelede | Onderwys
Regional council must account for vandalised buildings
23 ure gelede | Infrastruktuur
Swapo beslis dorpsraadslede se lot
23 ure gelede | Politiek
Groeiende stad druk rioolstelsel
23 ure gelede | Infrastruktuur
Weer vir 19 Februarie 2019
23 ure gelede | Weer
Gammams staan steeds stil
23 ure gelede | Regering
‘Vroue is sterk’
23 ure gelede | Maatskaplik
Namcor wil vry van sekere wette wees
23 ure gelede | Energie
Kleinadvertensies