Vermeende donkiediewe vas
Adolf Kaure
Die vier verdagtes wat verlede Woensdag glo 'n donkie op die plaas !Horo/Aus in die Uis-omgewing gesteel het, is vasgetrek.
Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, is die vier verdagtes tussen 17 en 29 jaar oud.
Hulle het die donkie, wat N$1 500 werd is, in die Okombahe-reservaat na bewering sonder die eienaar se toestemming verkoop.
Iikuyu het gesê die hele donkiekarkas is gevind en die verdagtes sou Maandag in die landdroshof op Omaruru verskyn.
Diefstal
In 'n ander voorval sou twee mans (23 en 20) ook in die landdroshof op Omaruru in verband met diefstal en die opsetlike beskadiging van eiendom verskyn.
“Die verdagtes het na bewering tussen verlede Woensdag en Donderdag drie Telecom-pale gesteel. Hulle het glo die koperkabels op die Telecom-roete tussen Omatjete en Khorixas in die Ozondati-omgewing in stukke gesny,” het Iikuyu gesê.
Die skade word op N$52 982 geraam.
Die verdagtes is in hegtenis geneem en al drie pale is gevind.
Verkragting
Intussen is 'n klag van verkragting, wat glo verlede maand plaasgevind het, op Swakopmund aanhangig gemaak.
“'n Tienjarige slagoffer het na bewering in April buite die verdagte se sinkhuis in die DRC-nedersetting in Mondesa gespeel toe hy haar na sy sinkhuis geroep het.
Hy het haar glo naby sy sinkhuis aan haar hand gegryp, in die huis in getrek, met 'n lap geblinddoek en haar verkrag,” het Iikuyu gesê.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sou gister in die landdroshof op Swakopmund verskyn het. Die ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie