Verkrygingswet rem mediese voorrade

07 December 2017 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die verkrygingswet wat op 1 April vanjaar amptelik in werking getree het, is die grootste stok in die wiel wat betref mediese voorrade wat nie betyds openbare gesondheidsgeriewe bereik nie en sodoende tekorte veroorsaak.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het gister saam met ’n span van die ministerie by die Sentrale Mediese Store (CMS) in Windhoek afgelê waar dit ’n miernes van bedrywighede was om mediese voorrade na hospitale te bring.

Mnr. Axel Tibinyane, ’n direkteur in die ministerie wat ook as adjunk permanente sekretaris waargeneem het, het die verkrygingswet blameer vir ’n gebrek aan voorrade by die store en openbare gesondheidsgeriewe.

“Die oorgang is nie voldoende bestuur nie en het nie vlot verloop nie. Een swak dag veroorsaak ’n rimpeleffek,” het Tibinyane verduidelik.

Volgens hom weet die ministerie wel wat om te doen en het begin om “dit wat verkeerd was, reg te stel”.

Met ingang 1 April moes nuwe strukture volgens hom geskep en personeel opgelei word.

“Almal het in die proses geleer, maar dit gebeur nie net hier nie; ander ministeries ervaar dieselfde probleme. Hier het dit net ’n uitwerking op mense.”

Tibinyane sê voorts die grootste struikelblok was in die ministerie se oorgang as administrateurs van die ou na die nuwe stelsel. “Nou maak ons seker om ten minste voorraad op ’n sekere vlak te probeer hou.”

Met verwysing na kontrakte het hy gesê die ministerie poog om kontrakte gesluit te kry en werk in dié verband saam met die sentrale aanskaffingsraad.

“As ons die kontrakte het, hoef ons nie aan te hou vra vir kwotasies nie en het ons sekuriteit in verskaffing oor ’n lang termyn.”

Hy het gemaan die volgende ‘groter’ projek is egter om die bestuur van die verskaffingsketting op te knap wat ten minste nog ’n jaar sal duur.

Tibinyane het voorts verwys na die vrystelling van sekere prosedures wat met die aanvang van die wet ongeldig verklaar is.

“Vroeër het byvoorbeeld die Windhoek Sentrale Hospitaal vrystelling gehad om sekere produkte vir ’n sekere bedrag aan te koop. Ons het toestemming van die tenderraad gehad om aankope te doen wat beteken die hospitaal kon kwotasies kry en dan aankope doen wanneer hulle wou, sonder om ’n oop tenderproses te deurgaan.” Verskeie vereistes was egter wel aan die vrystelling gekoppel, onder meer dat pryse redelik moes wees.

Met die nuwe wet is dit egter glad nie die geval nie en moet toestemming van ’n verkrygingskomitee in die ministerie, sowel as ’n bestuurskomitee vir dié komitee verkry word. Die aangewese komitees moet egter ook eers deur die minister van finansies goedgekeur word, alvorens dit met hul werksaamhede kan begin.

“Dit het nuwe strukture en nuwe mense beteken wat nie bekend was met die wet nie. Dit het tyd geneem om dié strukture ingestel te kry, wat ook vertragings veroorsaak het. Daar was ’n paar maande wat dié strukture glad nie gereed was nie en intussen het hospitale vir aankope gevra.”

Tibinyane het wel beklemtoon die wet se einddoel is “goed met goeie intensies”.

“Dit bevorder deursigtigheid en inklusiwiteit, iets wat nie in die vorige wet was nie.”

Met verwysing na die huidige gebrek aan kontrakte het hy gesê dit beteken effektief daar word voortgegaan om van “klein hoeveelhede voorrade“ tot “noodgeval” aankope te doen.

“Dit beteken daar is geen waarborg om voorrade te verseker nie en dit is baie duurder om so aan te koop.”

Volgens Tibinyane is die hoop dat kontrakte met verskaffers teen “die vroegste Junie aanstaande jaar” gereed sal wees.

Soortgelyk

 

Tweejarige bebloed in bosse ná verkragting

5 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting - Toe die polisie en familie­lede gisteroggend op die erg beseerde dogtertjie (2) buite Outjo afkom, het sy ver­skriklik gebloei.Die vorige dag het...

Swakopmund se boeke duister

5 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die Swakopmund-munisipaliteit se bedryfsverlies het in een jaar met N$1,6 miljoen gestyg.Dít verteenwoordig 'n toename van nagenoeg 130%.Dié beroerde toedrag van sake...

'Ons sal lughawe se beeld, integriteit red'

5 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nuwe voorsitter van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se direksie, dr. Leake Hangala, is vasbeslote om “die beeld en integriteit” van die...

Weer vir 18 Oktober 2018

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezi met enkele buie. Elders sal dit sonnig en baie tot bloedig warm wees. ...

Orka-walvisse in Lüderitz

5 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - Die kusdorp Lüderitz is Dinsdag deur twee orka- of moordwalvisse begroet. Volgens die Facbook-blad “Lüderitz Marine Research” is die twee walvisse aanvanklik...

‘Slimmer’ Namibië ná 2020

5 ure gelede | Tegnologie

Elvira Hattingh - 5G sal na verwagting ná 2020 in Namibië bekend gestel word, mits kerninfrastruktuur soos optiese vesel (FTTx) of hoëkapasiteit-radiotransmissieskakels aangebring kan...

Twee bly agter tralies ná Aussenkehr-moord

5 ure gelede | Misdaad

'n Man en vrou het Dinsdag in die Karasburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op 'n 32-jarige vrou, me. Patricia Madyumo, wie se halfnaakte...

Vyf Namibiërs vas in Suid-Afrika

5 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Vyf Namibiërs wat glo mense wat goedere op OLX geadverteer het, ontvoer en afgepers het, is verlede Donderdag in Vereeniging in Suid-Afrika...

Goud-ogie help ander oorleef

5 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Skaars 'n jaar nadat Nami­biese wetenskaplikes 'n studie oor goud-ogies begin het, kon hulle reeds enkele splinter­nuwe spesies ontdek. “Ons weet dat...