Verkragter kry opgeskorte vonnis, staat appelleer
Verkragter kry opgeskorte vonnis, staat appelleer

Verkragter kry opgeskorte vonnis, staat appelleer

’n Man is vier jaar gelede daaraan skuldig bevind dat hy ‘n vrou met geweld naby ’n veepos in die Opuwo-distrik aangerand en verkrag het.
Henriette Lamprecht
Jana-Mari Smith

Die aanklaer-generaal se kantoor in Oshakati wil appelleer teen ’n vonnis waarin ’n man wat vier jaar gelede aan verkragting en ernstige aanranding skuldig bevind is, danksy ’n ten volle opgeskorte vonnis geen tyd agter tralies gaan deurbring nie.

Landdros Alvin Simpson het in November 2016, meer as vier jaar ná die verkragting in Oktober 2012, Kutareua Tjirambi tot agt jaar tronkstraf gevonnis wat ten volle opgeskort is, nadat hy skuldig bevind is aan een klag van verkragting en twee van aanranding.

Simpson het hom tronkstraf van twee jaar of ‘n boete van N$2 000 opgelê vir die twee klagte van aanranding met die voorneme om ernstig te beseer.

In reaksie het die staat appèl in 2019 aangeteken. Sedertdien het die saak voortgesloer, deels omdat Tjirambi nie daarin kon slaag om regsverteenwoordiging te kry nie en nie op voorgeskrewe hofdatums in die hof verskyn het nie.

Tjirambi is daaraan skuldig bevind dat hy op 13 Oktober 2012 toe hy 17 jaar oud was, ‘n vrou met geweld naby ‘n veepos in die Opuwo-distrik aangerand en verkrag het.

Die staat se appèl beklemtoon dat die slagoffer eers met onder meer ’n stok aangerand is, voordat sy in ’n rivierbedding gesleep en verkrag is.

’n Getuie het tydens die verhoor gesê hy het haar kort ná die aanval gesien en die vrou was vol bloed, “heeltemal vuil, selfs haar klere was baie vuil. Sy het merke op haar voorkop gehad en bloed in haar mond en haar oë was geswel”.

Hoofde van betoog, wat voor die aanvang van die verlof tot appèl by die hoërhof in Oshakati ingedien is, het die landdros daarvan beskuldig dat hy gedwaal en ’n regsfout begaan het om die versagtende omstandighede – hoofsaaklik Tjirambi se ouderdom – tydens vonnisoplegging oor te beklemtoon, en het die “afskuwelike geweld wat deur hom op die klaagster gepleeg is” geïgnoreer.

In sy uitspraak het Simpson gesê die hof het “die ouderdom van die oortreder tydens die uitvoer van die misdade” in aanmerking geneem.

Verder, aangesien die voorgeskrewe minimumvonnis volgens hom in dié geval “nie toepaslik was nie, het die hof ’n algehele opgeskorte vonnis op die verkragtingsklag opgelê”.

Die staatsadvokaat Ruben Shileka het egter aangevoer die aansoek om appèl is aangehits, omdat die staat “moes raai op watter gesag die landdros staatgemaak het vir ’n ten volle opgeskorte vonnis van agt jaar tronkstraf”.

Hy het gesê die rede hiervoor “is steeds duister” en die feit dat Tjirambi nie ’n dag agter tralies hoef deur te bring nie, “ondermyn die erns van verkragting”.

Shileka het beklemtoon die slagoffer is “met geweld” aangeval en voor die verkragting het Tjirambi haar op ’n vorige geleentheid aangerand, maar sy kon ontsnap.

Volgens hom wek die vonnis ’n gevoel van skok met betrekking tot die aard en omstandighede van die oortreding en veral omdat die klaagster weerloos was en ernstig aangerand is.

Tjirambi het nie in sy eie versagting getuig nie en het “geen berou oor sy dade getoon nie”, het Shileka gesê. Volgens hom is die hof se beklemtoning van Tjirambi se ouderdom ook ‘n “noodlottige dwaling”.

Tjirambi het onskuldig op al die aanklagte teen hom gepleit, maar het later die aanranding erken. Hy het steeds ontken dat hy die klaagster verkrag het.

‘n Verslag wat in opdrag van die hof deur ‘n maatskaplike werker saamgestel is, het gesê Tjirambi het die vrou aangerand, nadat sy hom valslik van verkragting beskuldig het. Volgens die verslag het hy berou oor die aanranding getoon.

Tjirambi se aansoek om regshulp is in Maart verlede jaar van die hand gewys, omdat die saak volgens die direkteur van regshulp geen meriete het nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!