Verklaar raad nietig, sê Itula

05 December 2019 | Politiek
Henriette Lamprecht - Dr. Panduleni Itula, tandarts van beroep en onafhanklike presidentskandidaat in die pas afgelope verkiesings, wil hê die aanstelling van nuwe lede van die Mediese en Tandheelkundige Raad van Namibië moet nietig verklaar word.

Itula sleep in sy jongste geding die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), asook die Mediese en Tandheelkundige Raad van Namibië en dié se voorsitter hof toe.

Volgens Itula moet die aanstelling van die raadslede in die eerste week van Oktober verlede jaar, asook sy huidige grondwet en samestelling deur MoHSS nietig verklaar word.

Itula, wat hom as ’n gekwalifiseerde mondchirurg en die houer van verskeie spesialiskwalifikasies in tandheelkunde beskryf, sê nominasiebriewe is uitgestuur voordat die wysigingswet in die Staatskoerant gepubliseer is. Hy verwys na afdeling 2 van die wet wat die lidmaatskap van die raad beperk tot lede van professionele verenigings, gemeenskappe en unies. Dit beteken volgens hom slegs lede van sulke verenigings is gevolglik tot die raad verkies.

Itula voer aan die betrokke artikel diskrimineer teen tandartse wat nie lede van ’n vrywillige vereniging bekend as die Namibiese Tandheelkundige Vereniging (NDA) is nie. Lidmaatskap tot die NDA is volgens hom ook nie verpligtend nie.

Ook is dit in konflik met artikel 10 van die Namibiese grondwet en in so ’n mate dat dit diskrimineer teen tandartse wat nie NDA-lede is nie. Die enigste manier hoe ’n versoek vir nominasies tot die raad alle geregistreerde tandartse bereik, is volgens Itula deur middel van ’n openbare kennisgewing.

“Artikel 2 van die wysigingswet beperk aanstellings tot die raad tot NDA-lede of dié van ander verenigings, en skend vervolgens my grondwetlike regte,” lui Itula se verklaring.

Volgens Itula het die NDA dit duidelik gemaak dat hy nie alle tandartse in Namibië verteenwoordig nie. Toe die ministerie nominasies vir die raad by die NDA gesoek het, was nie-lede uitgesluit van die nominasieproses, ondanks die feit dat daar tandartse is wat gekwalifiseerd is om tot die raad verkies te word, sê Itula.

Deel van die hofstukke sluit ook korrespondensie in met die president van die NDA, dr. Wessley Mouton, waarin hy verwys na dr. Nguundja Uamburu wat ook op die advieskomitee vir die tandheelkundige skool is. Deel van die tandheelkundige raad se pligte is om van tyd tot tyd die skool te besoek om te kyk of dit aan die raad se reëls voldoen. Volgens Itula dui dit op konflik van belange en duplisering van pligte.

Hy verwys ook na dr. Dean Kock, wat ook op die vorige raad gedien het, en wil weet hoe hy sy vorige “verskriklike bywoning en gebrek aan intuïsie” gaan verbeter.

In sy verweer sê mnr. Ben Nangombe in sy kapasiteit as uitvoerende direkteur van MoHSS die wysigingswet is in die parlement ter tafel gelê en op 6 September 2018 in die Staatskoerant gepubliseer. Met verwysing na artikel twee van die wet sê Nangombe dit vereis van professionele liggame om persone te nomineer (geregistreerde dokters en tandartse) met die nodige kennis en kundigheid vir aanstelling tot die raad. Dit beperk egter nie die nominasies tot lede van genoemde verenigings of die NDA nie.

Volgens Nangombe is wetgewing bloot verander as gevolg van die wyse waarop die lede aangestel word. In terme van die wysigingswet sal die aanstelling van lede nie meer deur verkiesings geskied nie, maar deur nominasies omdat verkiesings te duur en langdradig was. ’n Besluit is gevolglik geneem om dit te vervang met die nominasieproses wat deur professionele verenigings gefasiliteer word.

Volgens Nangombe kon Itula gevolglik nie daarin slaag om te bewys dat die aanstelling van die raadslede onwettig was omdat die wysigingswet nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie. Ook beperk afdeling twee van die wet nie nominasies vir raadslede tot net NDA-lede nie. - henriette lamprecht

Soortgelyk

 

Groep 'toegesluit' vir duur van kwarantyn

4 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht 'n Vrou in haar laat sestigs ly aan posttraumatiese stres (PTSD) nadat sy deel van 'n groep was wat in dié deel van...

'Abattoir-ellende skema se skuld'

4 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - “Die kleinveebemarkingskema wat met sy gedwonge binnelandse verslagtingsreëls veronderstel was om waarde tot die skaapbedryf te voeg, het die teenoorgestelde gedoen.“Dit het...

Weer, Maandag 10 Augustus 2020

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en warm, maar baie warm in die Noorde. KUS: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig met...

Groot kommer oor tekort aan voorbehoedmiddels

4 ure gelede | Gesondheid

Jemima Beukes – ’n Studie voorspel tot 27 900 onbeplande swangerskappe kan in Namibië voorkom weens ’n tekort aan voorbehoedmiddels wat die Covid-19-pandemie tot gevolg...

Pensioenaris borgtog geweier in verkragtingsaak

4 ure gelede | Misdaad

Adolf Kaure’n Swakopmundse pensioenaris, mnr. Desmond Derrick Fick (61), het Donderdag in dié kusdorp se landdroshof verskyn nadat ’n klag van poging tot verkragting en...

Vandag se Covid-19-data

6 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Saterdag 8 Augustus 2020, soos om 20:00 vanaand aangekondig deur die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Drie nuwe Covid-19-verwante sterftes, 97 nuwe gevalle

7 ure gelede | Gesondheid

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het drie nuwe Covid-19-verwante sterftes vanaand aangekondig. Twee is in Windhoek...

Eddie sal Farrell-hulle nie oorsien

9 ure gelede | Plaaslik

Eddie Jones sal sy spankeuses slegs op spelpeil grond en Saracens se spelers het dus steeds ’n goeie kans om vir Engeland te speel, selfs...

Saterdag se Covid-19-data

1 dag gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Vrydag, soos om 20:00 gisteraand aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula.