Verkiesings 2019: Tevredenheid met demokrasie

21 October 2019 | Politiek
Christie Keulder – Namibiërs se voorkeur vir demokrasie as regeringsvorm is op ‘n laagtepunt.

Hierdie is ‘n sentrale bevinding van die agste rondte van Afrobarometer se tweejaarlikse navorsing wat hierdie week in Windhoek bekendgestel is. Voorkeur vir demokrasie is die laagste sedert die eerste opname 20 jaar gelede in 1999.

Ook tevredenheid met demokrasie het ‘n laagtepunt bereik.

Is dit moontlik dat die voortgesette ekonomiese verknorsing in die land gewone Namibiërs se verbintenis tot, en tevredenheid met ‘n demokratiese bestel erodeer? Is dit ‘n teken dat persepsies dat die regering nie materiële welvaart vir inwoners skep nie mense se toewyding aan demokrasie beïnvloed?

Grafiek 1 toon voorkeur vir demokrasie het ‘n positiewe verband met Namibiërs se persepsie van hul huidige, persoonlike lewensomstandighede. Voorkeur vir demokrasie neem af wanneer lewensomstandighede verswak. Hierdie verhouding is statisties noemenswaardig.

Volgens grafiek 2 bestaan ‘n soortgelyke verband tussen tevredenheid met demokrasie en persoonlike lewensomstandighede. Hoe meer mense se lewensomstandighede verswak, hoe minder tevrede is hulle met die demokrasie.

Hierdie tendense dui daarop dat die negatiewe ekonomiese toestande in die land negatiewe gevolge vir Namibië se demokrasie het. Moontlik is Namibiërs se voorkeur vir demokrasie nie ‘n intrinsieke of inherente waarde nie, maar ‘n houding gekoppel aan die voordele wat demokrasie bied; met ander woorde ‘n instrumentele voorkeur vir demokrasie.

Demokrasie moet by implikasie ‘n verskil in mense se lewens maak. Sulke persepsies kan die toekoms van ons demokrasie ondermyn.

* Data is ontleen aan die Afrobarometer, 'n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Besoek afrobarometer.org vir meer besonderhede.

Soortgelyk

 

Varser brood is daar nie

1 uur gelede | Byvoegsels

Tanja Bause – Elke dag om 09:00 klim Dawid Rooi op sy rooi fiets en laai varsgebakte brood op Gibeon af. Die wit- en bruinbrode...

Tropiese stelsel bring vog vir Noordooste

1 uur gelede | Weer

Elvira Hattingh - ’n Tropiese vogstelsel kan vir bykans die res van die week reën na die noordooste van die land bring. Dit sal egter...

Verkragting: 651 mans agter tralies

1 uur gelede | Misdaad

Jana-Mari Smith – Terwyl ’n epidemie van geweld teen vroue en kinders in Namibië woed, is 651 mans en twee vroue in die tronk vir...

One jump at a time

1 uur gelede | Mense

Elizabeth JosephEmmanuel Anana Samuntu is a 19-year-old high jumper with a personal best of 2.12m.He also has a long jump personal best of 7.27m. He...

Weer, Dinsdag 12 November 2019

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met ‘n paar donderbuie in die noordooste. Geïsoleerde donderbuie word in die Zambezistreek verwag. In die...

Bek-en-klouseer: Verbod op SA-invoere geld steeds

1 uur gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Namibiese direktoraat veeartsenydienste (DVS) sê die verbod op invoere van vleis en vleisprodukte van Suid-Afrika af staan steeds, soos ingestel tydens...

Stukkie paradys padlangs

1 uur gelede | Byvoegsels

Tanja Bause - Langs die B1-hoofweg by Mariental lê ’n stukkie paradys. Die Padlangs-padstal, wat in November verlede jaar sy deure oopgemaak het, is nie...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

1 uur gelede | Politiek

Esther Utjiua MuinjangueNational Unity Democratic Organisation (Nudo)Esther Utjiua Muinjangwe, die leier van Nudo, is die eerste vroulike leier van ‘n politieke party in Namibië en...

Laat jou partytjie in my hande

1 uur gelede | Byvoegsels

Tanja Bause - Lüderitz spog nou met sy eie geleentheidsontwerper.Nicole Ferreira beplan sedert 2012 verskeie partytjies op die dorp. Vanjaar het sy besluit om haar...