Verkiesings 2019: Tevrede met demokrasie, of nie?
Namibië se voorkeur vir demokrasie stam uit die land se ontevredenheid met outoritêre regerings.
Gesamentlik het die land meer ervaring van kolonialisme as demokrasie. Hoe tevrede is die land met demokrasie sowat drie dekades later?
Grafiek 1 wys die meerderheid burgers beskou Namibië as ‘n volledige demokrasie of ‘n demokrasie met min probleme. Die persepsies het redelik konstant gebly sedert 1999, behalwe in 2003 toe dit na ongeveer 60% verminder het.
Sowat drie uit elke vier persone glo die land beskik oor ‘n omvattende demokrasie.
Die meeste Namibiërs, omtrent 66%, is volgens grafiek 2 tevrede met ons demokrasie. Ook die tendens is dieselfde sedert 1999, hoewel tevredenheid in 2012 tot 62% afgeneem het.
Ontevredenheid was op 37% in dieselfde jaar die hoogste. In 2008 en 2017 was ontevredenheid ook hoër as 30%.
Daar is nie onmiddellike gevare vir demokrasie wat spruit uit grootskaalse ontevredenheid nie, maar dit beteken nie ons demokrasie is veilig nie. Harde werk is nodig om groeiende ontevredenheid hok te slaan.
* Data is ontleen aan die Afrobarometer, 'n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Besoek afrobarometer.org vir meer besonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie