VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE
Mike Kavekotora
Rally for Democracy and Progress (RDP)
Mike Kavekotora is die RDP se presidensiële kandidaat.
'n Maatstaf by die stembus sal wees of hy meer as wyle mnr. Hidipo Hamutenya se 30 197 stemme in 2014 op hom kan verenig. Die RDP, 'n wegbreekparty uit Swapo, is tans in twee faksies verdeel.
Mike Kamboto Ratoveni Kavekotora is op Ombazu in die Kunenestreek gebore op 10 Oktober 1956. Hy het sy universiteitsopleiding in New York voltooi en het 'n BSc-graad en 'n meestersgraad in ontwikkelingsekonomie.
Kavekotora het sy beroepslewe as onderwyser begin op Opuwo. Hy was 'n bestuurder by Telecom Namibia, die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) en TransNamib.
Hy dien in die Nasionale Vergadering sedert 2015 en is voorsitter van die staande komitee oor openbare rekeninge.
Kavekotora sê hy het die nodige bestuursvernuf om ekonomiese herstel te lei en ongelykhede vinniger te verminder. Hy is ook ten gunste van Bybelonderrig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie