VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE
Ignatius Shixwameni
All People's Party (APP)
Ignatius Nkotongo Shixwameni staan vanjaar die derde keer as presidensiële kandidaat en het in sy lang politieke loopbaan aan drie verskillende politieke partye behoort.
Hy is op Shambyu in die Kavango gebore op 4 September 1966 en het ‘n meestersgraad in sosiale wetenskappe aan die Universiteit van Havana verwerf.
Shixwameni is ‘n voormalige leier van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie (Nanso) en hy was aan die stuur van Swapo se Jeugliga vanaf 1987 tot 1999. Hy het in die regerende party se sentrale komitee gedien en was vanaf 1995 tot 1999 ‘n parlementslid en adjunkminister van inligting en uitsaaiwese.
Shixwameni was deel van mnr. Ben Ulenga en ondersteuners se wegbreek uit Swapo en die stigting van die Congress of Democrats (CoD) totdat hy die APP gestig het.
Die APP fokus op maatskaplike kwessies en is uitgesproke oor menseregte vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie