VERKIESINGS 2019: ONDERWYS EN GESONDHEID
VERKIESINGS 2019: ONDERWYS EN GESONDHEID

VERKIESINGS 2019: ONDERWYS EN GESONDHEID

Dani Booysen
In die reeks neem ons politieke partye se manifeste in oënskou wat sekere sleutelkwessies betref.

ALL PEOPLE’S PARTY (APP)

• Gratis onderwys van kleuterskool tot eerste tersiêre kwalifikasie

• Geen onderrig onder bome of tente nie

• Skryf studieskuld af

• Meer skole, universiteite en niskolleges (bv. landbou) en beter instandhouding

• Belê in inligtingtegnologie (IT) en entrepreneurskap

• Busvervoer vir leerlinge wat ver moet loop

• Werf buitelandse kundiges en dosente

• Meer geld vir beter gesondheidsorg

• Beter toegang tot noodsaaklike gesondheidsdienste

• Verminder koste van gesondheidsuitgawes

CONGRESS OF DEMOCRATS (CoD)

• Gratis en verpligte onderwys vir almal onder 18

• Volledige en omvattende toegang tot gesondheid- en mediese geriewe

• Omvattende mediese fonds- en pensioenskema vir staatsamptenare

LANDLESS PEOPLE’S MOVEMENT (LPM)

• Bou skole, koshuise en sportgeriewe

• Een handboek per leerling

• Maak Namibië ’n gratis Wifi-land

• Vervang skoolhoofde met skoolbestuurders wat oor ’n MBA beskik

• Bou meer staatshospitale

• Brei Unam se mediese fakulteit uit

• Ondersoek en stel universele gesondheidsorg in werking

NAMIBIA ECONOMIC FREEDOM FIGHTERS (NEFF)

• Gratis onderwys

NATIONAL DEMOCRATIC PARTY (NDP)

• Bevorder Afrika-tale in onderwys

• Bou sportkolleges en meer universiteite

• Een handboek per leerling

• Opgeleide, gemotiveerde onderwysers

• Groter finansiële steun aan tersiêre studente

• Ondersteun leerlinge en studente met spesiale leerbehoeftes

• Vul handboeke met tegnologiese hulpmiddels aan

• Onderwysbelasting vir korporatiewe wêreld

• Belê in navorsing oor voorkombare siektes

• Hersien aard en omvang van vakatures in die openbare gesondheidsektor

• Bekwame en doeltreffende bestuur by staatshospitale

• Grootskaalse opleiding van professionele en gemeenskapsgesondheidspraktisyns

• Bou ’n staatsgesondheidstoerustingfabriek

NATIONAL UNITY DEMOCRATIC ORGANISATION (NUDO)

• Gehalteonderwys en leerplanhersiening

• Maak dit ’n misdaad om nie kinders skool toe te stuur nie

• Klem op vroeëkinderontwikkeling en voltydse indiensneming van onderwysers hiervoor

• Gratis basiese onderwys

• Vervoer vir leerlinge wat verder as 5 km van die skool woon

• Tegniese opleidingsentra in al 14 streke

• Rentevrye lenings vir tersiêre studente

• Dokters, verpleegsters, toerusting en medisyne vir alle openbare gesondheidsinstellings

• Bou meer verwysingshospitale

• Bou ‘n moderne farmaseutiese aanleg

POPULAR DEMOCRATIC MOVEMENT (PDM)

• Gehalte uitkomstegebaseerde onderrig

• Oggend- en agtermiddagklasse; kleiner klasse

• Fokus op onderwyseropleiding en kapasiteitsbou

• Een jaar lange uitruilprogramme tussen streke vir uitnemende leerlinge

• Modernie tegnologie in die klaskamer

• Bou meer skole met goedkoper boumateriaal

• Nuwe onderwyserhuisvesting in landelike gebiede

• Veelvoudigevaardigheidsprogramme

• Hersien onderwysers se salarisstruktuur

• Verhoog besteding aan onderwys

• Gratis tersiêre- en tegniese onderwys

• Onder steun meisies om skoolopleiding te voltooi

• Een sonaangedrewe skootrekenaar vir elke leerling

• Vestig ’n nasionale e-biblioteek

• Klem op grootskaalse aanlynstudie

• Jaarlikse gesondheidsorg vir arm gesinne

• Toeganklikheid en bekostigbaarheid van mediese toestelle

• Uitbreiding van mediese opleiding

• Klinieke vir alle kiesafdelings

• Twee nuwe verwysingshospitale om druk op Katutura-staatshospitaal te verlig

RALLY FOR DEMOCRACY AND PROGRESS (RDP)

• Belê in onderwysinfrastruktuur

• Gedissiplineerde en goed toegeruste personeel

• Onderwysstelsel moet ontwikkelingsbehoeftes vervul

• Bou meer koshuise

• Tydige lewering van alle skoolbehoeftes

• Gratis onderwys

• Sport by leerplan ingesluit

• Belê in gesondheidinfrastruktuur en toerusting

• Behoorlik opgeleide en gemotiveerde personeel

REPUBLICAN PARTY (RP)

• Hersien die totale onderwysstelsel

• Meer kundigheid

SWANU

• Belê in vroeëkinderontwikkeling

• Verbeter voedingsprogramme by skole

• Voorligting om tienerseks en -swangerskappe hok te slaan

• Gratis sanitêre doekies

• Meer geld vir tegniese opleiding

• Skryf studieskuld af

• Meer geld om plaaslik dokters, verpleërs en aptekers op te lei

• Belê in plaaslike farmaseutiese aanlegte

• Vestig regulatoriese liggaam om plaaslike medisynevervaardiging te reguleer

SWAPO

• Beleggings in gehalteonderrig

•Hou aan om meer skole te bou

• Bespoedig instandhouding en restourasie van infrastruktuur

• Priotiseer onderwyseropleiding

• Versterking en uitbreiding van voedingsprogram

• Vestig meer skole van uitmuntendheid

• Meer hulpbronne vir tegniese opleiding

• Bespoedig universele gesondheidsorg

• Priotiseer die opleiding van mediese kundiges

• Verwyder hindernisse na gesondheidsorg

• Bou meer hospitale

• Verseker voldoende mediese voorrade

• Brei gratis primêre mediese sorg, soos inenting, uit

• Bou nuwe kraamgeriewe regoor die land

* Waar beleid vir partye ontbreek, was geen manifes beskikbaar nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!