VERKIESINGS 2019: GRONDHERVORMING, LANDBOU EN DIE KLIMAAT

11 November 2019 | Politiek
In die reeks neem ons politieke partye se manifeste in oënskou wat sekere sleutelkwessies betref.

ALL PEOPLE’S PARTY (APP)

• Vergoeding vir volksmoorde en hervestiging van die Herero, Nama en Damara

• Nuwe tegnologie vir die herlewing van verwaarloosde landbouprojekte

• Gemeenskaptrusts moet 45%-50% van groenskemas besit

• Bevordering van die pluimveebedryf en akwakultuur

• Wêreldklas abattoirs vir uitgesluite gemeenskappe

• Bevordering van groen energie, voorkom die agteruitgang van grond, water, plantegroei en lug

CONGRESS OF DEMOCRATS (CoD)

• Toegang tot kommersiële landbougrond

• Stedelike grond vir almal

• Eenmalige grondkooptoelaag aan almal

LANDLESS PEOPLE’S MOVEMENT (LPM)

• Radikale grond- en landbouhervorming om armoede en honger uit te wis en werk te skep

• Elke eis vir voorvaderlike grond moet selfstandig oorweeg word

• 30 dae kennis aan afwesige grondeienaars vir onteiening sonder vergoeding

• Een boer, een plaas

• Onteiening in openbare belang

• Herstel landbou as ekonomiese dryfveer in platteland en landelike gebiede

• Beter ondersteuning aan kleinboere

• Massiewe beleggings in wetenskap en tegnologie wat landbou sal bevorder

• N$1 miljard per jaar aan spesiale ministerie vir klimaatverandering en groen energie

NAMIBIA ECONOMIC FREEDOM FIGHTERS (NEFF)

• Onteien grond sonder vergoeding en herverdeel dit

NATIONAL DEMOCRATIC PARTY (NDP)

• Herbesoek oorspronklike grondgrense en gee gesteelde grond terug

• Tradisionele leiers moet kommunale grond beheer

• Gratis saad en besproeiingstelsels aan kommunale boere naby riviere

• Subsidies vir kommunale koöperatiewe

• Landboufabrieke in alle streke, dorpe en nedersettings

• Landbou-universiteite en –kolleges, opleidingsentrums, voorsiening van toerusting, materiaal en kapitaal

NATIONAL UNITY DEMOCRATIC ORGANISATION (NUDO)

• Die erkenning van voorvaderlike grondregte

• Geen grondeienaarskap deur buitelanders

• Gelyke verspreiding van staatsgrond

• Klimaatslim landbou

• Onstoutingsaanlegte en groenskemas in die Namib-woestyn

• Klimaatslim stede en dorpe

POPULAR DEMOCRATIC MOVEMENT (PDM)

• Onteiening met regverdige vergoeding

• Onderhandelinge oor voorvaderlike grond

• Sekerheid van verblyfsreg en eienaarskap vir produktiewe grondbenutting

• Grondbesit deur buitelanders of die besit van veelvuldige plase moet deur belastings en heffings bestuur word

• Gee onproduktiewe grond in staatsbesit aan boere met potensiaal

• Gefokusde ondersteuning vir moderne landbou en ander inisiatiewe om ongelykhede reg te stel

• Meer gereelde oudits van hervestigde boere se infrastruktuur

• Meer koöperatiewe en landbouprodusenteorganisasies

• Ontsoutingsaanlegte langs die kus

RALLY FOR DEMOCRACY AND PROGRESS (RDP)

• Vinniger, doeltreffende en nie-korrupte grondhervorming

• ‘n Toegewyde fonds vir hervestiging, grondaankope, die ontwikkeling van infrastruktuur, mentorskap en opleiding

• ‘n Skoon en veilige omgewing vry van besoedeling

• Beveg die vernietiging van die ekostelsel en woude

REPUBLICAN PARTY (RP)

• Hulp aan mense wat in koloniale tye grond verloor het

• Verwyder die rasse-aard van die grondgesprek

• Voedselsekuriteit moet eerste kom

SWANU

• ‘n Sosialistiese regering sal grond sonder vergoeding onteien en alle natuurlike hulpbronne beheer

• ‘n Einde aan buitelandse en private eienaarskap wat armoede en swaarkry bevorder

• Hernubare energiebronne voorop

• Ontsoutingsaanlegte aan die kus kan die hele land van water voorsien

SWAPO

• Bespoedig wysigings aan die wet op grondhervorming en uitvoering van die tweede nasionale grondkonferensie in se besluite

• Verbeteringe aan die gewillige verkoper-gewillige verkoper beleid

• Kriteria vir die verskaffing van kommersiële landbougrond aan ontluikende boere, lede van gemarginaliseerde gemeenskappe en plaaswerkers

• 687 000 ha bykomende kommunale landbougrond aan mense in die Otjozondjupa-, Omaheke-, Oshikoto-, Kavango-Oos- en Kunene-streke.

• Klimaatvriendelike beleggings in water- en energie-infrastruktuur

• Navorsing oor klimaatverandering en die volledige toepassing van 2007 se Omgewingsbestuurswet

• Beter standaarde vir afvalbestuur

UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF)

• Almal het die reg op grondbesit, nie net die wat dit kan bekostig nie

• Opkoop en herverspreiding van grond

• Baie hoë belasting vir buitelandse grondeienaars, beperk sulke eienaarskap tot ‘n vaste periode en verleng net met aansoek vir Namibiese burgerskap

WORKERS REVOLUTIONARY PARTY (WRP)

• Herstel van voorvaderlike grondregte om mense se waardigheid aan hulle terug te besorg

* Waar partye se manifeste ontbreek, was hul manifeste nog nie beskikbaar nie

Soortgelyk

 

Fopnuus tydens die verkiesing

45 minute gelede | Politiek

Navorsers verbonde aan die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Frederico Links en me. Martha Nangolo, deel vanoggend hul bevindings oor fopnuus wat voor, tydens...

Verskeie staatskole in Windhoek sonder water, krag

2 ure gelede | Onderwys

Meer as tien staatskole in Windhoek is reeds vir dae sonder krag en water, nadat toevoer deur die munisipaliteit afgesny is. Die skole wat geraak...

Hardapkrane lóóp

2 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Watertoevoer in die besproeiingskanaal op die Hardapskema het reeds 05:00 vanoggend weer afgeskop. Dit volg nadat NamWater se uitvoerende hoof, mnr. Abraham...

‘Skaapdiefstal’ lei tot treurspel ...

11 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die beweerde diefstal van 30 skape by ’n bekende ruskamp buite Keetmanshoop het Maandag glo tot die dood van ’n vermeende skaapdief,...

’n Uitspansel vol belofte

11 ure gelede | In beeld

Mnr. Ettienne Rossouw het dié foto gistermiddag om 15:00 in Suid-Namib geneem en op die Facebook-blad “Namibië Reënval” gedeel. “Kyk hoe bou die wolke. Belowend!”...

Itula slyp sy tande opnuut

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Dae nadat die hooggeregshof beslis het Namibiërs keer nie terug stembus toe nie, het die voormalige onhafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula,...

Corona draai in parlement

11 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die Swapo-agterbanker en parlementslid me. Pendukeni Iivula-Ithana het gistermiddag die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, oor die...

Krokodil val man aan

11 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Omstanders het tevergeefs probeer om 'n 45-jarige man uit die kake van 'n krokodil in die Zambezirivier by Impalila-eiland te red. Volgens die...

Weer, Woensdag 12 Februarie 2020

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie in die Oshikoto-, Kavango-, Zambezi-, Otjozondjupa-, Omaheke-, Khomas-, Hardap- en //Kharasstreek. Elders...