Verkiesing as Brexit nie groen lig kry, sê Boris
Die Britse premier het Maandag laat deurskemer dat hy Brexit nie sal uitstel nie.
Die Britse premier, Boris Johnson, het Maandag gesê die Europese Unie sal nie gevra word om Brexit uit te stel nie.
Hy het rebelle in sy party ook gemaan dat indien hulle sy Brexit-planne aan bande lê, hy geen ander keuse sal hê nie as om 'n verkiesing uit te roep.
Johnson se belofte om Brittanje op 31 Oktober uit die EU te neem met of sonder 'n ooreenkoms, het nie net tot 'n konstitusionele krisis in die land gelei nie, maar ook 'n stryd met die 27 lidlande van die EU.
Met minder as 60 dae oor voor die sperdatum van 31 Oktober is 'n alliansie van LP's besig om planne met rebelle in Johnson se Konserwatiewe Party te smee om 'n geenooreenkoms-Brexit af te weer en Johnson te dwing om Brexit vir nog drie maande uit te stel.
Johnson het Maandag laat deurskemer dat hy Brexit nie sal uitstel nie.
LP's wat teen 'n geenooreenkoms-Brexit gekant is, sal Dinsdag probeer om in die parlement Brexit vir nog drie maande uit te stel.
Dit sal Johnson noop om 'n verkiesing uit te roep.
Drie jaar het reeds verloop sedert Brittanje met 'n meerderheid van 52% teen 48% gestem het om die Europese Unie te verlaat.
Sedertdien kon geen ooreenkoms bereik word oor die kernpunte van die ooreenkoms of wanneer Brexit sal plaasvind nie.– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie