Verkiesing 2019: Misdaad en vrees
Namibië word as 'n veilige land beskou, maar hoe ervaar Namibiërs misdaad?
Mense wat nooit onveilig in hul woonbuurte voel nie het van 68% in 2011 tot 56% in 2017 afgeneem. Diegene wat onveilig voel, het oor dieselfde tydperk van 6% tot 11% toegeneem.
In 2003 het 76% van mense nooit misdaad in hul eie huis gevrees nie. Teen 2017 het die syfer tot 66% afgeneem.
Inwoners se werklike belewenis van misdaad strook nie heeltemal met hul persepsies nie. Diegene wat al tuis die slagoffer van diefstal was, het in 2014 en 2017 konstant 'n derde gebly (grafiek 1). Dit is 3% meer as in 2003 en 13% meer as in 2012.
In 2017 het byna 16% van deelnemers aanvalle op hul persoon gerapporteer, maar 55% het gesê persoonlike veiligheid is beter of baie beter as tevore.
'n Groter rede vir kommer is dat 54% van Namibiërs voel die polisie sal waarskynlik nie optree as jy 'n misdaad aanmeld nie. In 2017 het 15% van mense geen vertroue in die polisie gehad nie en 20% net 'n bietjie vertroue.
Die vrees vir misdaad is groter as die werklike voorkoms, maar die vrees neem toe. Wie gaan die vrese aanspreek?
* Data is ontleen aan die Afrobarometer, 'n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor nasionale houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Vir meer besonderhede, besoek afrobarometer.org.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie