Verkeershof gou op dreef
Volgens die ministerie se permanente sekretaris is dit 'n mylpaal om die agterstand in verkeersake te verminder en om die afdwing van verkeerswette in Namibië te verbeter.
Windhoek se munisipaliteit, die ministerie van justisie en die regbank het Maandag 'n ooreenkoms in die hoofstad vir die daarstelling van 'n verkeershof aangegaan.
Volgens mnr. Robert Kahimise, uitvoerende hoof van Windhoek se munisipaliteit, is die ooreenkoms gesluit om die agterstand in verkeersoortredingsake in te haal.
Hy het gesê die nuwe hof sal van 2 Julie af amptelik vanuit 'n gebou op die hoek van Bismarckstraat en Sam Nujomaweg in die hoofstad werksaam wees.
By die bekendmaking hiervan het Kahimise gesê die besluit op 'n afsonderlike hof vir verkeersoortredings is in 2014 tydens 'n vergadering van die munisipaliteit se raadslede geneem.
“Daar word te lank met verkeersake gesloer en dit hoop dan op. Dis waarom die munisipaliteit die perseel beskikbaar gemaak het,” het hy gesê.
Mnr. Issaskar Ndjoze, permanente sekretaris van die ministerie van justisie, het die munisipaliteit vir die inisiatief bedank en ook vir die twee hoflokale wat aangebou is.
“Dit is 'n gesamentlike besluit. Dis ook 'n mylpaal om die agterstand in verkeersake te verminder en om die afdwing van verkeerswette in Namibië te verbeter,” het hy gesê.
GEREGTIGHEID
“Dit is ons gesamentlike verantwoordelikheid om geregtigheid na die publiek te bring en om te verseker dat dit nie vertraag word nie. So het ons as belanghebbendes in die strafregtelike geregtigheid- en plaaslike owerheidsektor bewys dit is moontlik,” het Ndjoze gesê.
Volgens die regbank is daar tans sowat 80 000 uitstaande lasbriewe met betrekking tot verkeersoortredings waarvan die boetes aan die munisipaliteit betaal moet word.
Kahimise het gesê die munisipaliteit het die perseel vir 'n minimum van 10 jaar gratis beskikbaar gestel.
Die hof sal bestaan uit twee hofsale, 'n betaalkantoor, 'n administrasieblok en kantore vir die aanklaers, regsverteenwoordigers en landdroste onderskeidelik.
Volgens die regbank sal alle verkeersake by die nuwe perseel hanteer word en nie meer by die landdroshof in Lüderitzstraat nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie