Verhoorafwagtendes ontsnap uit selle by Osire
Vier verhoorafwagtendes wat van onwettige jag aangekla is, het Maandagoggend uit die aanhoudingselle van die Osire-polisiekanktoor ontsnap.
Die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Otjozondjupastreek, adj.komm. Naukalemo Andreas, het vandag gesê die vier Namibiese mans is mnre. Kanani Samkao (21), Katuka Katuma (43), Mbakondja Samkao (31) en die 33-jarige Remember Katukundu.
Volgens Andreas het die verdagtes te voet na Okakarara, sowat 60 km vanaf Osire, op die vlug geslaan.
“Ons doen ‘n beroep op die publiek om die naaste polisiekantoor te kontak oor waar die verdagtes hulself bevind. Moenie probeer om hulle te versteek of in hegtenis te neem nie,” het sy versoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie