Verhoog drakrag deur drukbeweiding

’n Weidingkundige sê beesprodusente kan hul winste verhoog deur eerstens drukbeweiding toe te pas en tweedens beestipes te gebruik wat op natuurlike weiding floreer.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Dit is nodig dat beesboere ‘n kopskuif maak as dit by die meting van produksie kom. Eerder as om produksie per dier te meet, moet hulle daarna streef om maksimum wins per hektaar te maak.

Só het die Zambië-boer en bekende weidingkenner, wat al wêreldwyd gekonsulteer het, mnr. Johann Zietsman, tydens ‘n boeredag op Donderdag 5 Julie op Summerdown gesê. Volgens hom beteken hierdie kopskuif dat daar wegbeweeg word van die “oorlewing van die mooiste” vee na die “oorlewing van die taaiste”.

“Die probleem is dat ons as beesboere produksie verkeerd meet – iets wat positief verbind word met die agteruitgang van veld, asook lae wins per hektaar.

“As ons doelwit produksie per dier is, beteken dit ons moet ‘n baie lae belading handhaaf wat tot selektiewe weiding lei en gaan vereis dat ons byvoeding moet gee. Jou veld gaan agteruitgaan, en oor 20 jaar gaan jy jou veelading nog meer moet verminder,” het Zietsmann gesê.

“Al die maatstawwe wat ons tans gebruik in terme van teling, teelpraktyke en bestuur van jou grond is gebaseer op produksie per dier.”

Zietsman sê die kopskuif is nodig omdat sy metode van boer kan lei tot ‘n laer produksie per dier, maar baie hoër wins per hektaar.

“Ekonomies én ekologies volhoubare wins is die boer se doelwit. Vir maksimum volhoubare wins per hektaar, benodig ons drukbeweiding, asook veldaangepaste beeste.”

Zietsman sê beeste het ‘n tweeledige rol, die eerste is doeltreffende grasverbruik en die tweede is veldverbetering en –benutting.

VELDVERBETERING en – BENUTTING

Zietsman het Namibië ‘n “beesparadys” genoem en sê daar is min plekke elders in die wêreld wat kers vashou in terme van die tipe veld wat hier is, asook die geleenthede as dit kom by wild en beesboerdery.

Zietsman het vertel hy het in 1995 die eerste keer met ultrahoëdrukbeweiding begin deur sy beeste met verskuifbare elektriese heinings te beheer. Die beeste het binne ‘n dag of twee geleer om binne die elektriese heinings te bly.

“Ek boer op suurveld. Deur drukbeweiding kon ek die drakrag op my swakbenutte suurveld verdubbel. Ná twee jaar het ek dit verdriedubbel en ná sewe jaar het dit verviervoudig,” het hy gesê. Boonop het smaaklike grassoorte gefloreer onder die drukbeweiding.

“As jy diere toelaat om net selektief te wei, gaan ‘n baie groot persentasie van jou veld jaarliks nie benut word nie. Dit is veral van toepassing op suurveld, waar jy deur drukbeweiding jou drakrag binne ‘n jaar kan verdubbel.”

DRUKBEWEIDING

Hy het gesê deur tydbeheerde drukbeweiding kan beeste as agente van veldverbetering dien. “Op suurveld werk jy om jou gehalte van jou gras te verbeter, terwyl jy op soetveld, soos julle hier in Namibië, moet werk om die kwantiteit van gras te verbeter.

“As weiding verkeerd bestuur word, gebruik ons beeste as ‘n middel van vernietiging. Die korrekte bestuur lei tot die verbetering van veld en die gevolge daarvan is ongelooflik,” het hy gesê.

“Die soort beheer is moontlik op enige terrein. Boere wat drukbeweiding toepas, moet egter verskeie bestuurbare veranderlikes in gedagte hou. Dit sluit in veedigtheid, die herstelperiode van weiding, die tydperk van die weiding en ‘n droogtereserwe,” het Zietsman gesê.

‘n Hersteltydperk beïnvloed hoe veerkragtig jou weiding is, asook die voedingswaarde daarvan, terwyl ‘n gegewe stuk weiding nie jaarliks in dieselfde seisoen bewei moet word nie, omdat dit die diversiteit van grasspesies nadelig kan raak. Verder moet jy seker maak jy het genoeg weiding tot die volgende groeisiklus.

Volgens Zietsman is drukbeweiding goed vir grond omdat dit ook plantmateriaal terug in die grond in werk en die vee daarop mis en urineer. Hy sê ook daar is deur proewe bewys dat beeste se speeksel gras tot 50% vinniger kan laat herstel.

“In droë gebiede veral het ons gesien dat as gras nie gevreet word nie, dit agteruitgaan. Dit moet gestimuleer word, maar ook genoeg rustyd gegun word,” het hy gesê.

Volgens hom kan beeste se hoewe grond saampers of los hou. “Een bees op ‘n groot gebied loop voetpaadjies en pers die grond saam, maar as ‘n duisend beeste vir ‘n uur lank op een hektaar geplaas word, het dit die teenoorgestelde uitwerking.”

Hy het verwys na ‘n proef wat in Suid-Afrika gedoen is, waar hoëdrukbewyding toegepas is op ‘n stuk grond wat aanvanklik een bees op twee hektaar kon dra.

“Ná hoëdrukbeweiding teen die ekwivalent van sowat 3 000 bees per hektaar toegepas is, het die gras binne 10 maande verstommend herstel en kon een bees per hektaar gedra word.

“Beeste bied bemesting en belugting vir grond, wat ‘n baie positiewe uitwerking op die groei van gras het,” het hy gesê. Hy het gesê die voordele van drukbeweiding geld selfs vir kaal grond.

Hy het ook verwys na waar drukbeweiding in Mexiko, ’n droë gebied, toegepas is en binne drie jaar positiewe resultate gehad het.

“Die beginsels bly vir my dieselfde, ongeag waar jy boer en hoeveel reën jy kry,” het Zietsman gesê.

VEELADING EN VELDSOORT

Zietsman sê as dit by wins vir die boer kom, is veelading en veldbenutting die belangrikste faktor, en praktiese vrugbaarheid die belangrikste eienskap.

“Op suurveld het jy baie hoë impak op die grond nodig om die veld goed te benut en die verspreiding van minerale te verbeter. Dus moet jy ‘n druk handhaaf van tussen 1 000 en 2 000 beeste per hektaar.

“In Namibië is dit waarskynlik onmoontlik – julle kan nie voortdurend só ‘n hoë druk handhaaf nie, hoewel julle op sommige plekke daardie impak nodig het om die hele ekostelsel weer aan die gang te kry,” het hy gesê.

Zietsman sê drukbeweiding gaan nie oorbeweiding veroorsaak solank daar nieselektief gewei word en die veld laat rus word sodat dit weer kan herstel nie.

“Op soetveld is die gehalte van gras nie ‘n groot probleem nie. Omdat Namibië egter ‘n droë land is en wisselvallige reënval het, moet ‘n lang hersteltydperk vir weiding toegelaat word en jy moet ‘n groot droogtereserwe hê.”

Zietsman sê ‘n té lae of hoë veedruk op suurveld kan die weiding negatief raak, maar dat daar in soetveld ‘n belading van sowat “’n paar honderd beeste per hektaar” gehandhaaf moet word. Kaal grond benodig egter ‘n hoë impak en ‘n paar duisend vee per hektaar moet daarop geplaas word.

“In Namibië sal dit voordelig vir die weiding wees as julle elke paar jaar die grond aan ultrahoë druk kan onderwerp,” het hy gesê.

Hy het verder gesê dat produsente wat drukbeweiding toepas, hul vee se gedrag en die weiding voortdurend moet monitor. Dit sluit in om te kyk of die vee se rumen vol is, hul liggaamskondisie dop te hou, asook die grasdigtheid en –verskeidenheid.

In die volgende artikel word bespreek hoe beeste met ’n inherent goeie liggaamskondisie ’n toename in wins per hektaar meebring in ooreenstemming met ’n toename in grasproduksie en drakrag.

VEELADING EN KALFPERSENTASIE

“Alles in beesboerdery, beesteelt en beesbestuur draai om liggaamskondisie, want die kanse is beter dat koeie wat in ‘n goeie kondisie is, elke jaar sal kalf.”

Zietsman sê die belangrikste faktor vir winsgewendheid is veelading. “Meer vee op jou plaas is die belangrikste faktor vir wins, selfs al daal jou kalfpersentasie en speengewig.”

Zietsman het aan die hand van ‘n proef wat in die sewentigerjare in Zimbabwe op suurveld gedoen is, gewys dat ‘n verhouding tussen veelading en kalfpersentasie bestaan.

In ‘n geval waar ’n drakrag van een koei (wat 600 kg weeg) op vier hektaar gehandhaaf is en die weiding in vier kampe verdeel is, was koeie se kalfpersentasie 80%. Boere se opbrengste was egter slegs 5,7% van hul kapitaal.

Daarteenoor, toe die aantal koeie (ook 600 kg elk) verdubbel is en ‘n veelading van een koei op twee hektaar gehandhaaf is en die weiding in 16 kampe verdeel is, het die kalfpersentasie tot 67% gedaal. Ten spyte van die laer kalfpersentasie was hul opbrengs 6,3% van hul kapitaal.

Zietsman sê die rede vir die groter wins is omdat daar nou meer produserende eenhede is, al produseer elke eenheid minder.

“Daarom sê ek veelading is by verre die belangrikste faktor vir ‘n boer se winsgewendheid. Kalfpersentasie is belangrik, maar nie die belangrikste nie.”

Hy het verder gewys hoe die gebruik van drukbeweiding en kleinraamkoeie, wat byvoorbeeld 300 kg weeg, opbrengste na tot 15,9% kan verhoog.

Die rede is dat dit makliker is vir kleiner koeie om ‘n beter liggaamskondisie op die veld te handhaaf. Koeie met ‘n liggaamskondisie naby aan 3 is die vrugbaarste.

“Relatief tot hul ligaamsgrootte, eet ’n kleiner koei 20% meer as die groter koei,” het Zietsman gesê.

Hy het getoon hoe kleiner koeie teoreties in ‘n drukbeweidingstelsel in die bogenoemde studie gebruik kan word. Die beskikbare weiding word dan in 2 000 kampe verdeel. Teen ‘n veelading van twee hektaar per koei, word ‘n kalfpersentasie van 90% gehandhaaf en is die uiteinde ‘n opbrengs van 12%.

Sou die veelading na 1,33 ha per koei verhoog word, bly die kalfpersentasie op 90% omdat die kleiner koeie se kondisie dieselfde bly en is die opbrengs 15,9%.

“Om dieselfde opbrengste deur kalfpersentasie te genereer, sal jy ‘n kalfpersentasie van 180% moet handhaaf. Die koeie sal tweelinge moet begin kry, wat nie moontlik is nie,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.05/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 953.09/OZ UP +1.96% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.05/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 953.09/OZ UP +1.96%