Verdediging terug onder OG se skoot

N$3,8 miljoen se salarisse vir August 26

21 October 2021 | Ministeries
Jo-Maré Duddy – 'n Spook-attaché in Kinshasha wat vergoed is en belastinggeld wat gebruik is om salarisse by August 26 te betaal, is van die redes waarom ouditeur-generaal Junias Kandjeke weier om 'n regmerkie agter die boeke van die verdedigingsministerie vir 2019-'20 te sit.

In die nege finansiële jare tot 2019-'20 is die oudit van dié ministerie se boeke sewe keer gekwalifiseer.

Verdediging het in 2019-'20 meer as N$3,8 miljoen sonder goedkeuring aan salarisse vir August 26 bestee. Dié staatsonderneming word deur die ministeries van verdediging en veteranesake besit.

Toe die ouditeurs die betalings bevraagteken, het die rekenkundige beampte van ­verdediging ontken dat August 26 enige ­finansiering of subsidie van die ministerie ontvang het, sê Kandjeke in sy jongste ouditverslag.

“Geen bevredigende antwoorde” kon aan die ouditeurs verskaf word oor waarom die ministerie salarisse namens August 26 betaal het nie, sê hy. Kandjeke vereis 'n verduideliking oor dié ongemagtigde betalings.

Namibië het van 1 Maart 2014 tot 28 Februarie 2018 'n verdedigingsattaché in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) gehad. In die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2019 was daar nie een in dié land nie. Tog is sowat US$17 497 (sowat N$253 357) in 2018-'19 uit die Namibiese missie se bankrekening in Kinshasha betaal – sowat 60% van die sluitingsbalans van dié rekening aan die einde van die 2017-'18-boekjaar. Boonop is 'n eggenotetoelaag van meer as US$1 000 in 2018-'19 uit die rekening betaal.

Geen aanstellingsbrief van 'n attaché tydens die tydperk kon aan die ouditeurs voorgelê word nie.

Die ministerie kon ook nie bewys waarop die geld bestee is nie.



OORBESTEDING

Volgens die rekenkundige beampte het die ministerie sy 2019-'20-begroting geensins oorskry nie, maar die ouditeurs het totale oorbesteding van meer as N$70,1 miljoen gevind. Al nege divisies van die ministerie het té veel bestee en die Wet op Staatsfinansiering in die proses oortree.

“Hoewel dié kwessie in vorige ouditverslae uitgelig is, is geen verbetering bespeur nie,” sê Kandjeke.

In bestuurskommentaar wat in die ouditverslag ingesluit is, het die ­ministerie uiteindelik toegegee dat die oorbesteding weens salarisse en verwante toelae was.

Die ministerie se state toon sy sala­risrol in 2019-'20 is in totaal met meer as N$79 miljoen oorskry.

Onderbesteding op ander items het die ministerie se totale oorbesteding vir die jaar tot sowat N$70 miljoen gekrimp.

Bykans N$228,7 miljoen is tydens die jaar onder oorsig aan die instandhouding van en brandstof vir vliegtuie bestee.

Sowat N$5,95 miljard se belastingbetalersgeld is in 2019-'20 in die ministerie van verdediging gestort. Hiervan was meer as N$2 miljard geklassifiseerde besteding.

[email protected]

FOTO
Sowat N$5,95 miljard se belastingbetalersgeld is in 2019-’20 in die ministerie van verdediging gestort, waarvan meer as N$2 miljard geheime besteding is. Foto Nampa

Soortgelyk

 

Amutse wins 2021 Bank Windhoek Doek Literary Visual Arts...

1 uur gelede | Mense

Monique AdamsBorn in Walvis Bay, Namafu Amutse attended Immanuel Ruiters primary school. She then moved to Swakopmund in 2007 and attended Swakopmund Primary School.Amutse completed...

PHOTO OF THE WEEK:

1 uur gelede |

Siku Investments, together with Bank Windhoek as part of the Cancer Apple Project, donated over 50 apples to the Children of Hope Village. Siku investments...

Nust marine engineering students seek over N$3 million

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleA group of 16 students in a marine engineering degree programme at the University of Science and Technology (NUST) in partnership with a Finnish...

200 more in need

1 uur gelede |

Jeanette DiergaardtOruua Primary School at Ovitoto recently received a donation worth N$60 000 from the Ohlthaver and List (O&L) group of companies through one of...

Investing for the greater good

1 uur gelede | Onderwys

Monique AdamsThe Maltas Club Namibia celebrated its 10th anniversary on 11 March this year. The core mandate of the Maltas Club is premier student learning...

Covid-19 pandemic reforms education

1 uur gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der WaltAmidst the looming uncertainty of the new semester calendar ushered in by the ministry of education, arts and culture, executive director Sanet...

Stepping Stones sluit warrelwind jaar af

1 uur gelede |

Iréne-Mari van der WaltDie Stepping Stones-skool vir kinders met leer- en gedragsuitdagings het onlangs hul jaarlikse afsluitingskonsert met ’n sirkustema gehou. Die skoolhoof, Almarie Mostert,...

SStar Teacher from DHPS: Valerie Van Zyl teaches Mathematics,...

1 uur gelede | Mense

1. Why did you decide to become a teacher? School was hard for me when I was a learner and unfortunately, some of...

Becoming globally competitive begins at home

1 uur gelede |

Desiree Gases A youth internship programme aimed at equipping people between the ages of 18 and 34 with meaningful skills and work experience has been...