Verdagte Steinhoff-transaksie in SA onthul
Verdagte Steinhoff-transaksie in SA onthul

Verdagte Steinhoff-transaksie in SA onthul

Die bedrog met Steinhoff se boeke is sover bekend tot dusver tot die buiteland beperk.
Nellie Brand-Jonker



Die nuwe hofaansoek wat pas teen Steinhoff gebring is, onthul dat daar moontlik verdagte transaksies met Tekkie Town se aandele was – dieselfde soort transaksies as dié wat pas in 'n forensiese ondersoek na Steinhoff se boeke aan die lig gebring is.

Die hofaansoek is Dinsdag op 'n dringende grondslag gebring deur die voormalige eienaars van Tekkie Town – onder andere Braam van Huyssteen en Bernard Mostert – om 'n interdik te kry om Steinhoff en sy filiaal Pepkor te belet om die aandele of die ­bedrywighede van Tekkie Town te verkoop.

In die hofaansoek word beweer 'n reeks transaksies wat daartoe gelei het dat Tekkie Town aan die Suid-Afrikaanse Steinhoff Africa Retail (Star, sedert verlede jaar net bekend as Pepkor) behoort, is baie ­soortgelyk aan die verdagte transaksies wat uit PwC se forensiese ondersoek na vore gekom het.

Dit is 'n opspraakwekkende aantyging omdat die bedrog met Steinhoff se boeke sover bekend tot dusver tot die buiteland beperk is.



Mayfair se rakmaatskappy

Die vyfde respondent in die hofaansoek is veral interessant: Town Investments (voorheen K2016159084).

Netwerk24 het verlede jaar berig daar is vrae oor Town Investments, soos wie sy aandeelhouers is.

Town Investments se naam het opgeduik in 'n eis wat Van Huyssteen-hulle verlede jaar teen Steinhoff gebring het om Tekkie Town terug te kry.

Van Huyssteen-hulle het Tekkie Town in 2016 aan Steinhoff verkoop en het aandele in die maatskappy ontvang, wat ná die ineenstorting van sy aandeelprys bykans waardeloos is.

Steinhoff het ook aandele in Tekkie Town van die beleggingsmaatskappy Actis bekom.

Dit het uit verlede jaar se eis geblyk dat Steinhoff die aandele nie ­regstreeks by Actis gekoop het nie. Town Investments het die aandele gekoop.

Actis is kontant vir sy Tekkie ­Town-aandele betaal. Town Investments het op sy beurt vir die Tekkie Town-aandele aandele in Steinhoff ontvang.

Mostert het vandeesweek in sy ­eedsverklaring gesê Town Investments word steeds as 'n wesenlike aandeelhouer van Steinhoff op die aandeleregister aangedui.

“Steinhoff het daarop aangedring dat die ooreenkoms vir ál die aandele in Tekkie Town moet wees, insluitend die aandele wat in daardie stadium deur Actis gehou is.”

Volgens Mostert was dit nooit vir hulle duidelik hoekom

Steinhoff nie net eenvoudig die aandele wat Actis gehou het, self gekoop het nie.

“Maar gegewe die onlangse onthullings wil dit voorkom of dit 'n ­meganisme is wat geskep is om seker te maak die transaksie bly van die ­balansstaat af,” beweer hy.

Mostert beweer Steinhoff het 'n lening geskep en die geld aan Town Investments geleen om die aandele by Actis te koop. Dit is dan as 'n bate op sy boeke aangedui (omdat dit 'n lening verskuldig is).



Pasquier duik op

Mostert voer in sy funderende eedsverklaring aan K2016159084 (later Town Investments) was 'n rakmaat­skappy wat deur Mayfair Speculators vir die transaksie beskikbaar gestel is. Mayfair is die beleggingsmaatskappy waarin Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van ­Steinhoff, sy bates en belange gehou het.

Aanvanklik was die direkteure van Town Investments Piet Ferreira en Phillip Robinson, deel van die span van Steinhoff met wie Van Huyssteen-hulle onderhandel het.

Later het Jean-Noel Pasquier 'n direkteur van die maatskappy geword.

“Wat van kritieke belang is tot die hofaansoek en die aksie waarmee dit verband hou, is dat Pasquier onlangs deur Steinhoff geïdentifiseer is as een van die eksterne partye wat bystand verleen het aan die grootskaalse bedrog wat gepleeg is wat daartoe gelei het dat die maatskappy se bates en wins met 'n verbysterende R106 miljard oor 'n aantal jare oordryf is,” lui die eedsverklaring van Mostert.

Volgens Mostert het Steinhoff onlangs “beheer van Town Investments bekom” toe Pasquier bedank het as direkteur en Steinhoff se nuwe uitvoerende hoof, Louis du Preez, die alleendirekteur geword het.

Du Preez was nog nie 'n direkteur toe Netwerk24 verlede jaar oor Town Investments navraag gedoen het nie en Pasquier het kort daarna bedank. Toe wou Steinhoff niks kwytraak ­­oor ­enigiets wat aan sy forensiese ­ondersoek onderwerp word nie.

Volgens Mostert het Steinhoff ­ingevolge die transaksie met hulle in 2016 al die aandele in Tekkie Town in ruil vir 43 miljoen Steinhoff-aandele teen R75,75 per aandeel of R3,2 miljard bekom.



String transaksies

Mostert verwys na 'n reeks ­transaksies wat Steinhoff voor die oprigting en notering van Star (nou Pepkor) in 2017 “bewimpel” het:

1. Om en by 2 Februarie 2017 het Steinhoff ná 'n direksiebesluit op 31 Januarie die Tekkie Town-aandele aan Steinhoff Investment Holdings (SIH) oorgedra.

2. Om en by 2 Februarie 2017 het SIH ná 'n direksiebesluit op 31 ­Januarie die Tekkie Town-aandele aan Steinhoff Africa oorgedra.

3. Ingevolge 'n skriftelike ooreenkoms het Steinhoff Africa die Tekkie Town-aandele aan Star (toe nog bekend as K2017221869) verkoop en oorgedra met inwerkingtreding op 1 Julie 2017 en dit het meegebring dat Tekkie Town 'n volfiliaal van Star geword het.

4. Ingevolge 'n geskrewe ­ooreenkoms sonder 'n datum het Tekkie Town sy Suid-Afrikaanse bedrywighede aan Steinhoff Speciality Fashion and Footwear verkoop en met ingang 1 Oktober 2017 oorgedra. Speciality was te alle tye 'n volfiliaal van Star.



Bedrag spring voor notering

Volgens Mostert is die wese van die aantygings in 'n eedsverklaring van 'n direkteur van Pepkor en Pepkor Speciality van Oktober 2018 bevestig.

•Dit blyk met transaksie nr. 1 is die totale belang in Tekkie Town vir 100 aandele in Steinhoff Investment ­Holdings (SIH) teen 'n totale prys van R2,98 miljard (of R29,8 miljoen per aandeel) geruil.

•Op dieselfde dag het die maatskappy (met transaksie nr. 2) die belang na Steinhoff Africa Holdings in ruil vir 50 aandele van R1 elk teen 'n totale prys van R2,9 miljard (of R59,6 miljoen per aandeel) oorgedra.

•Op 5 Julie 2017 (nagenoeg vyf maande later) het Steinhoff Africa Holdings (met transaksie nr. 3) sy totale belang in Tekkie Town tesame met die eise aan Star (Pepkor) vir 'n “skynbare totale prys” van R3,39 miljard vir die aandele en die “­gesigwaarde van die eise” verkoop.

Mostert sê daar moet daarop gelet word dat die transaksies plaasgevind het voor die notering van Star op die JSE en voordat Star se aandele aan beleggers verkoop is.

Mostert se eedsverklaring probeer nie verklaar hoekom Steinhoff vir Tekkie Town teen minder as wat hy dit bekom het aan sy filiale verkoop het en dit toe weer teen méér aan Star verkoop is net voor sy notering nie.

Mostert voer wel aan dat die reeks oordragte van Tekkie Town niks meer is nie as “nagebootse” transaksies, wat deel vorm van die “ingewikkelde bedrog wat gepleeg is deur diegene wat in beheer van Steinhoff en sy filiale was”.

Hy beweer dat dit duidelik is dit stem heeltemal ooreen met die “skema” wat Steinhoff onlangs in die parlement in sy oorsig oor die forensiese ondersoek uiteengesit het.

Só reageer Steinhoff en Pepkor

Steinhoff is gevra of dié inligting daarop dui dat bedrog ook in ­Suid-Afrika plaasgevind het en dat Star (nou Pepkor) ook betrek word, terwyl voorheen gesê is dat sy finansiële state skoon is.

Die maatskappy het bloot die stellings in sy oorsig oor die forensiese ondersoek herhaal: “Die PwC-verslag bevat detail oor bydraes wat aan onderliggende Steinhoff-bedryfsmaatskappye oor tyd gemaak is . . . Nie Pepkor Europe, insluitende Pepco en Poundland en Pepkor ­Holdings of enige ander Suid-­Afrikaanse ­bedyfsentiteit, is geïdentifiseer as ­ondernemings wat sulke bydraes ontvang het nie.”

Pepkor het in reaksie op dieselfde vraag gesê sy geouditeerde ­jaarstate vir 2017 en 2018 is uitgereik en die maatskappy is as skoon deur die ­PwC-verslag verklaar.

Pepkor het ook gesê hy gaan die aansoek teenstaan. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026