Verdagte panga-rowers in hegtenis

Sewe verdagtes

19 October 2020 | Misdaad
Kristien Kruger

Volgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.

Die mans het hulself glo die ‘Panga-groep’ genoem, omdat hulle mense met pangas gedreig het gedurende hul rooftogte.

Die polisie se adjunkkoördineerder vir ondersoeke in die Khomasstreek, komm. Willem Steenkamp, het reeds in September aan die koerant gesê verskeie rooftogte word in en om die hoofstad vermoedelik deur dieselfde bende uitgevoer.

“Vanweë die duidelik waarneembare patroon in die rooftogte vermoed ons dat dit een groep mans is wat hierdie gewelddadige rooftogte uitvoer,” het Steenkamp destyds gesê.

Volgens die verslag kan die verdagtes aan sowat nege rooftogte in en om die hoofstand verbind word.

Die verdagtes verskyn glo vandag in die landdroshof in Windhoek.

ROOFTOGTE

Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, is die toename in rooftogte in Windhoek die afgelope maande opmerklik.

In Junie is ’n bekende skoolhoof en sy vrou in hul huis in Avis aangehou en beroof. Hulle is in hul slaapkamer vasgebind deur vier mans wat met ’n geweer, skoktoestel en panga gewapen was.

Volgens die destydse polisieverslag het die verdagtes die elektriese heining after die erf geknip en die venster versigtig uitgebou om die huis binne te kom. Hulle het goedere ter waarde van sowat N$200 000 gesteel.

Ná ’n huisbraak in Ludwigsdorf wat in September plaasgevind het, is berig dat ses aanvallers glo met messe en pangas gewapen was. Hulle het na bewering ’n vrou en haar kêrel in haar slaapkamer vasgebind terwyl hulle twee televisiestelle, twee skootrekenaars en N$1 000 kontant gesteel het.

Hulle het volgens die verslag die elektriese heining opgelig, oor die muur geklim en die huis se deur oopgebreek.

In September het ses gewapende mans glo ook die elektriese heining van ’n huis in Doradopark geknip en oor die muur geklim.

Die verdagtes het ’n vuurwapen op die inwoners gerig terwyl hulle die huis beroof het. Volgens die verslag het hulle byna N$26 000 se goedere gesteel.

[email protected]

Soortgelyk

 

Woede kook oor by Ngoma

11 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Regeringsafgevaardigdes het laat Saterdagmiddag hul hande vol gehad om gemoedere by die Ngoma-grenspos te kalmeer toe ’n skare woedende inwoners uit die...

Totsiens, Shannon

11 ure gelede | Mense

Leandrea Louw op Walvisbaai – Roubeklaers het Saterdag in groot getalle opgedaag om finaal van me. Shannon Wasserfall (21) op Walvisbaai afskeid te neem.Sy is...

Nuwe ruimte vir naslaan, leer en lees

11 ure gelede | Geskiedenis

'n Splinternuwe mediategnologie-biblioteek is nou oop vir die publiek by die hoofkantoor van Namibia Media Holdings in Windhoek.Die herontwerpte argief is Vrydag amptelik in gebruik...

Vermoedelike reeksverkragter slaan weer toe

11 ure gelede | Misdaad

Kuskantoor – Die polisie in die Erongostreek ondersoek 'n voorval waar ’n aanvaller by ’n vrou (28) se huis in Walvisbaai ingebreek het, haar met...

Namibië se eerste Supra-vrou gekroon

11 ure gelede | Mense

Ná maande van intense mededinging is die 23-jarige Chanique Rabe Saterdagaand as die eerste Mej. Supranational Namibië bekroon. Saam met dié gesogte titel stap sy...

Antigeen-toetse vir reisigers na SA beskikbaar

11 ure gelede | Gesondheid

Antigeen-toetse om die coronavirus op te spoor, is volgens die Suid-Afrikaanse regering se inligtingsdiens (GCIS) by alle grensposte na die land beskikbaar.Dié toetse, wat van...

Regeringsbestuur: 'Prentjie lyk stroef'

11 ure gelede | Regering

Denver Kisting 'n Herhaling van die Fishrot-skandaal, die beweerde grootskaalse kaping van Namibiese viskwotas wat die afgelope jaar opspraak wek en twee oudministers agter tralies...

Seun (5) met kanker se gesin vra hulp

11 ure gelede | Mense

Ester KamatiDie Labuschagne-gesin op Otjiwarongo het onlangs die ontstellende nuus ontvang dat die vyfjarige Zu-Andre kanker het. Die diagnose het gevolg nadat bloed vroeg...

Sprinkaanplaag: SADC vra steun

11 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het gister ’n beroep gedoen op steun in die stryd teen Afrika treksprinkane. Dit volg nadat altesaam tien...