• Tuisblad
  • Sake
  • 'Verbied Mr. Tekkie om sekere skoene te verkoop'
'Verbied Mr. Tekkie om sekere skoene te verkoop'
'Verbied Mr. Tekkie om sekere skoene te verkoop'

'Verbied Mr. Tekkie om sekere skoene te verkoop'

Nellie Brand-Jonker



In 'n nuwe wending in die tekkietwis het Pepkor Woensdag in die hooggeregshof 'n tussentydse bevel gevra wat net die verkoop van sekere skoene in die nuwe Mr. Tekkie se skoenwinkels verbied.

Dit is in teenstelling met die aanvanklike hofsaansoek om 'n tussentydse inderdik te kry om 'n handelsbeperking op te dwing wat die bestaan van Mr. Tekkie in geheel wou verbied.

Die aansoek om 'n bevel vir 'n tussentydse inderdik te kry wat deur Pepkor Speciality en Pepkor gebring is, word sedert Dinsdag deur regter Elizabeth Baartman aangehoor. Die ­respondente sluit in Braam van Huyssteen en Bernard Mostert, stigters van Mr. Tekkie, wat verlede week sy deure geopen het.

Van Huyssteen is ook die stigter van Tekkie Town, wat nou deur die Steinhoff-filiaal Pepkor besit word nadat hy en die mede-eie­naars in 2016 hul aandele in dié maatskappy verkoop het.

Hy het 'n paar maande gelede as ­direkteur van Pepkor ­Speciality bedank, en is deur Bernard Mostert, ook 'n direkteur en ­uitvoerende hoof, en die ander respondente gevolg.

Dit is 'n belangrike saak vir albei partye. Sowel die applikant as respondent het drie advokate, waaronder altesame drie senior advokate, wat hulle verteenwoordig.



GEWYSIGDE BEVEL

Adv. Leon Kuschke SC, wat vir Pepkor optree, het Woensdag die gewysigde bevel voorgelê wat hulle wil hê Baartman moet toestaan.

Die gewysigde bevel wil nou net vir Van Huyssteen-hulle beperk om sekere skoene te verkoop.

“Die implikasie is dat Mr. Tekkie sal kan voortgaan om nog winkels te open, dit gaan net oor die skoene wat hy verkoop,” het Kuschke gesê.

Kuschke het aanvanklik Woensdagoggend gesê 'n lys van skoene sal verskaf word wat Tekkie Town tans verkoop wat Mr. Tekkie nie mag verkoop nie.

Die ­applikante, wat die lys binne 'n uur aan Baart­man sou verskaf, kon dit op die ou end nie doen nie.

Hulle het toe met nog 'n gewysigde bevel by die hof opgedaag wat twee opsies voorstel vir 'n datum vanaf wanneer so 'n lys opgestel moet word – een van Oktober 2016 toe die kontrak geteken is om Tekkie Town te koop waarin die handelsbeperking ingesluit is en een van nou, wat ook bestellings vir die komende ses maande insluit.

Kuschke het ook beloof Pepkor sal nie sloer met 'n ­hofaansoek oor die handelsbeperking waar­aan die maatskappy aanvoer Van Huyssteen, Mostert en drie ander voormalige personeel van Pepkor Speciality onderhewig is nie.



TUSSENTYDSE INTERDIK

Hy het beloof die hofaansoek word Maandag gebring.

Hy was effens ontstig oor die verwysing van die respondent se adv. Willie Duminy SC daarna dat sy kliënt Pepkor “doelbewus” gaan sloer met die hofaansoek indien hulle 'n tussentydse interdik kry.

Duminy het gesê Pepkor vra vir 'n dringende interdik wat sal geld totdat die hof 'n uitspraak oor die opdwingbaarheid van die handelsbeperking gelewer het. “Dit verwyder egter die motivering van die applikante om iets te doen.”

Duminy het aangevoer die aansoek is net gebring deur Pepkor om te bepaal hoe goed sy saak is.

Volgens Duminy sit hul terugkerende eedsverklaring volledig uiteen hoekom hulle 'n saak het dat die aansoek afgewys moet word.

Kuschke het aangevoer 'n tussentydse interdik moet op die belangrike vraag bepaal word of dit 'n ligsinnige en kwelsugtige aansoek is.

Hy het gevra die bevel moet toegestaan word.

Kuschke het ook gevra koste moet aan die respondente toe­gestaan word.

Duminy het egter oor die toestaan van koste aangevoer as die bevel toegestaan word, is die groot vraag of hulle in die tussentyd suksesvol was.

Baartman moet nou uitspraak lewer, maar dit is nie seker wanneer nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%