Verbasing oor Matfield se U-draai
Rugby
Christo Buchner - Hy kan dit nie kleinkry dat Victor Matfield deur die hele proses is as kandidaat om die Bulle se Superrugby-afrigter te word en dan op die laaste oomblik kleinkoppie getrek het nie, sê Willem Strauss, president van die Blou Bulle.
“Dalk het hy maar tot die besef gekom dit is 'n té hoërisikowerk. Dit was uiteindelik sy (Matfield) se persoonlike besluit en ons sal dit respekteer,” het Strauss Dinsdag gesê toe Pote Human as die Bulle se nuwe Super-afrigter aangewys is.
Matfield was die gunsteling om as die Bulle se nuwe afrigter aangewys te word, maar hy het op nommer 99 koue voete gekry en na wat berig is, het hy familie-redes en sy verpligtinge as SuperSport-ontleder en kommentator voorgehou hoekom hy nie die pos aanvaar het nie.
Daar is wel ook gerugte dat hy nie gelukkig was met sekere prestasieklousules in sy kontrak nie en dat dít 'n rol in sy besluit gespeel het.
Matfield is in 2017 as die Leeus se lynstaan-afrigter in die Curriebeker-reeks aangewys, maar dit was ook 'n kortstondige verhouding met die span aan die oorkant van die Jukskeirivier.
Daar was verskeie oefeninge en selfs wedstryde waar hy nie teenwoordig was nie. Sy betrokkenheid by wildveilings is as die rede vir sy afwesigheid aangevoer.
Hoewel Matfield as een van die beste slotte in sy speeljare in wêreldrugby 'n veel hoër en groter profiel as Human het, het laasgenoemde sy skoolgeld as afrigter betaal en sal sy toewyding aan die Bulle bo verdenking wees.
“Ons is baie tevrede met ons uiteindelike aanstelling en sal hom al die samewerking en hulp gee om suksesvol in sy pos te kan wees. Daar is geen twyfel dat daar baie risiko verbonde is aan die pos as afrigter nie, en dit kan mense wel afskrik,” sê Strauss.
Die ander onsuksesvolle kandidaat op die kortlys was Deon Davids, die afrigter van die Southern Kings. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie